Dr Phil groet na 21 jaar

Dr Phil groet na 21 jaar

Die bekende televisie-reeks is sedert 2002 op die lug.

Dr Phil
Twitter/ Screenshot

Die bekende TV-sielkundige vermaak gehore al sedert 2002 met sy deftige pakke en ferm geraardheid.

Nou, na 21 jaar, op die lug het Dr Phil die bekende tv-reeks tot ‘n einde gebring. 

READ: Sam Smith celebrates their third Number 1 album

Phillip McGraw, beter bekend as Dr Phil, het die nuus in ‘n verklaring bekend gemaak.

Kykers, van die reg oor die wêreld, was vir meer as twee dekades aan hulle televisies vasgespyker met die reeks se bisarre, absurde en roerende stories.

Volgens Variety, sal die vervaardiging van die reeks ten einde die 2022 – 2023 reeks stop, maar CBS beplan om heralings van die reeks steeds uit te saai vir die komende jare. 

'n CBS verklaring dui daarop dat McGraw self die besluit geneem het om die reeks te eindig ten spyte daarvan dat dit steeds op twee-miljoen kykers per episode sit.

LEES: Donnalee Roberts en Ivan Botha deel gróót nuus!

Die bekende televisie-aanbeider het begin as 'n gereelde gas op die ‘Oprah Winfrey Show’ in die laat 1990’s. 

Hierdie verksynings het vir Dr Phil vinnig aan die gang gesit wat gely het na sy eie reeks, ‘Dr Phil’.

Meer hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories