Pretoria-vrou veg met slang om hond te red

Pretoria-vrou veg met slang om hond te red

‘n 19-jarige vrou van Pretoria moes twee keer 'n luislang afveg om haar honde te red.

Luislang vrou
Supplied

Daniella de Cock se ma het op 12 Maart hulle honde gevat om te stap toe De Cock een van haar honde in 'n bos hoor tjank het.

"Ek kon ongelukkig nie saam stap nie want ek moes die plant water gee," het sy gesê. Haar ma was slegs 'n paar meter weg toe De Cock 'n groot remoer in die bos gehoor het.  

"Ek het dadelik geweet dat iets aaklig aan die gang is. Ek het dadelik na my ma en my hond toe gehardloop. Toe ek daar aankom het my ma vir my gesê dat iets vir Coco (hulle hond) in die bos gebyt het."

Die Roodeplaat-inwoner het toe versigtig nader aan die bos gestap waar sy gesien het hoe 'n "groot slang" homself om die hond gedraai het.

VIDEO: Mej. SA Melinda Bam se man spog nou met eie 'babamagie'

Volgens De Cock, het sy dadelik gedink dat haar hond dood is.

"Ek kon nie net staan en kyk hoe die slang my hond dood maak nie," het sy gesê. 

"Ek het die slang se stert gegryp en dit omtrent vier keer teen die grond geslaan. Dis toe ek die slang se kop gesien het. Ek het die gedeelte van die slang opgetel waarin my hond opgekrul was en dit probeer los maak, maar hy was te sterk."

Die slang het toe sy aandag op die 19-jarige gedraai en haar probeer aanval. In díe proses het hy ook laat gaan van die hond.

Gelukkig vir De Cock kon sy vining genoeg haar hond gryp en weg kom voor die slang haar kon byt.

LEES | Steve Hofmeyr beboet met R100 000 vir uitlatings oor LGBTQIA+-gemeenskap

Daar was vroeër die jaar ook 'n soortgelyke geval waar 'n ander luislang homself om haar Labrador se been gedraai het.

De Cock het toe die slang geskop waarna dit in die bosse in verdwyn het.  

"Ek is fine en beide my honde is fine. Dis 'n wonderwerk dat hy [die worshond, Coco] lewe, want ek was seker hy was dood."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories