Refentse aangewys as Die Kontrak mentor

Refentse aangewys as 'Die Kontrak' mentor

Ná ’n ongelooflike eerste seisoen, duisende inskrywings en ’n wenner wat die musiekindustrie gestormloop het, is 'Die Kontrak' uiteindelik terug en Refentse is 'n mentor!

Refentse
Jacaranda FM

Inskrywings vir Die Kontrak 2020 open reeds op 1 Mei en ook hier wag ’n paar hase in die hoed wat binnekort op Die Kontrak se sosiale media bekend gemaak sal word. 

 LEES OOK: 'Die Kontrak' is terug - ontmoet die nuwe aanbieders

Die wenner van Die Kontrak stap weg as ’n kunstenaar van die gesogte platemaatskappy, Coleske Artists, wat verantwoordelik is vir die loopbane van die land se grootste kunstenaars.

Die tweede seisoen van Die Kontrak se eerste episode word op Saterdag, 29 Augustus 2020. Die wenner van die tweede seisoen van Die Kontrak sal weer tydens die Afrikaans is Groot-konsertreeks, wat tussen 20 tot 29 November 2020 in Pretoria plaasvind, aangekondig word.

 Die program bestaan uit vier mentors wat die deelnemers sal bystaan gedurende die kompetisie en sodoende ook bydra om ’n wenner te help skaaf.

Die eerste mentor wat bekengemaak is, is Refentse!

Refentse het Maandagoggend met Breakfast met Martin Bester gesels oor isolasie. 

Refentse bieg dat hy in isolasie met musikante en baie instrumente is! 


KYK REFENTSE SE OPTREDE 

Show's Stories