'Die Kontrak' is terug - ontmoet die nuwe aanbieders

'Die Kontrak' is terug - ontmoet die nuwe aanbieders

Ná ’n ongelooflike eerste seisoen, duisende inskrywings en ’n wenner wat die musiekindustrie gestormloop het, is 'Die Kontrak' uiteindelik terug. Hierdie keer met 'n paar nuwe gesigte.

die kontrak
Verskaf.

Dié keer sal 'Die Kontrak' deur almal op die gratis televisisiekanaal, e.tv, geniet kan word.

LEES OOK: "Schalk Bezuidenhout en Mila Guy is ook deel van die program" - Casper de Vries is terug!

Die doel van 'Die Kontrak' is om aspirant kunstenaars in die Afrikaanse musiekindustrie te ontwikkel en vir hulle die platform te skep om ’n superster te word. "Met dié wat 'Die Kontrak' ook nou op e.tv uitgesaai gaan word kan enige iemand met ’n televisie hierdie pad saam met ons stap,” meen Barry Pretorius, een van die kenners op dié program en bekroonde regisseur.

Soos met die eerste reeks sal daar weer vier mentors wees wat hul eie deelnemers vanuit die hoopvolle inskrywings kies. Die mentors sal elkeen met ses deelnemers afskop waarvan slegs twee deelnemers deel van die Top 8-groep sal vorm.

Die nuwe mentors sal in die laaste week van April op sosiale media aangekondig sword. Pretorius, Corlea en Theuns Jordaan sal weer die gesoute kenners van die kompetisie wees.

Ontmoet die aanbieders

Gewilde sanger Bobby van Jaarsveld is vanjaar terug as een van die aanbieders van die tweede seisoen. Die Spieëltjie-sanger het hierdie keer twee nuwe gesite aan sy sy.

Aanhangers van die eerste seision, sal bly wees om te hoor dat Demi Lee Moore, wenner van die eerste reeks in 2018, as mede aanbieder aangekondig is. Moore het die musiekbedryf met haar talent en stem betower en winkels kon nie voorbly met voorraad van haar eerste album, Mis Eet Slaap Herhaal wat vroeg in 2019 bekendgestel is.

“Die Kontrak het vir my soveel deure oopgemaak en dit is alles te danke aan die geloof wat Arnold Coleske en sy ongelooflike span in my gehad het. Elke kunstenaar met ’n groot droom, wat bereid is om hard te werk, moet vir hierdie kompetisie inskryf,” het Demi Lee gesê.


Herleef Demi Lee Moore se wenoomblik hier:

Die Kontrak het vanjaar DRIE aanbieders

Van Jaarsveld en Moore is egter nie die enigtste twee aanbieders wie kykers weekliks gaan vermaak nie. TV persoonlikheid en aktrise Pulane Sekepe maak ook deel uit van die program se aanbieding trio.

Sekepe is geen vreemdeling op die klein- en silwerskerm nie. Sy was al te sien in verskeie plaaslike teaterproduksies en kykers sal haar veral herken vir har rol as Cecelia in die kykNET komedie, Die Kasteel en ook as aanbieder van programme soos Kom Ons Trou Nou en Naweek.

"Ek sien uit om saam met die room van Afrikaanse musiek te werk. Om by hulle almal te leer en om deel te wees van die 'Die Kontrak' familie," vertel Sekepe aan Jacaranda FM.

Sy erken verder dat dit moeilik is om in die vermaaklikheidsindustrie 'n naam te maak. "So dit is amazing dat daar programme soos 'Die Kontrak' is waar nuwe talent raakgesien kan word."

LEES OOK: “This is not my real name” - get to know Demi-Lee Moore in 30 seconds

Van Jaarsveld meen dat nuwe bloed altyd goed is,  "Dit is goed vir so produksie asook vir myself. Ek sien uit om vir Pulana te ontmoet en ek glo dat ons  groot pelle gaan raak."

Inskrywings

Inskrywings vir Die Kontrak 2020 open reeds op 1 Mei en ook hier wag ’n paar hase in die hoed wat binnekort op Die Kontrak se sosiale media bekend gemaak sal word.

Die wenner van Die Kontrak stap weg as ’n kunstenaar van die gesogte platemaatskappy, Coleske Artists, wat verantwoordelik is vir die loopbane van die land se grootste kunstenaars. 


Show's Stories