"Schalk Bezuidenhout en Mila Guy is ook deel van die program" - Casper de Vries is terug!
Updated | By Scenic Drive With Rian
Ná meer as ‘n dekade is komediant Casper de Vries terug met wat hy die beste doen – sketskomedie – in die nuwe reeks, 'Cas Oppie Kassie.'
Casper was einde verlede jaar in Janice Honeyman se pantomime, Jack and the Beanstalk, te sien en het kykers onlangs by die 10de kykNET Fiëstas as seremoniemeester vermaak. Nou kan kykers daarna uitsien om meer van Casper se humorsin in 'Cas Oppie Kassie' te sien.
LEES: Wat moet kunstenaars nóú doen? Lizz Meiring deel wenke
Dis ‘n vars nuwe komedie, met splinternuwe karakters en ook partykeer van Casper se bekende gunstelinge, soos 'Oom Kallie' en 'Montelle', wat nuwe avonture aandurf.
De Vries het met die Scenic Drive-span gesels oor die opwindende nuwe begin.
"Daar is ook 'n nuwe karakter - Snotklap - hy sing 'n bietjie.
"Daar is ook 'n animation feature op die program - miskien word dit ook 'n program op sy eie. Schalk Bezuidenhout en Mila Guy is ook deel van die program," De Vries.
Show's Stories
-
SARS now using WhatsApp to contact non-compliant taxpayers
The South African Revenue Service (SARS) has decided to step up its tact...
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can ...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago