SA sanger Jemma Catherine stel nuwe enkelsnit vry

SA sanger Jemma Catherine stel nuwe enkelsnit vry

Om haar splinternuwe enkelsnit te vier het sanger Jemma Cetherine haar weergawe van 'Tattoo' op Breakfast with Martin Bester opgetree.

SA sanger Jemma Catherine stel nuwe enkelsnit vry
Jacaranda FM

Die jong musikant Jemma Catherine skryf en sing gereeld oor verhoudings en met haar splinternuwe Afrikaanse punk-pop-uitreiking, 'Versmoor', is dit geen uitsondering nie.

KYK: Bernice West sing 'Lyfie' op Friday Live

'Versmoorhandel oor daai stadium in jou lewe wat jy nog nie lekker weet na wat of wie jy opsoek is nie en jy verskillende verhoudings probeer maar dit werk dalk nie lekker uit nie.

"Die lirieke wat ek gebruik om die gevoel uit te beeld is: 'Liefde bly die ding wat ek net nooit sal leer nie', want op daai stadium in jou lewe voel dit dalk vir jou asof dit vir altyd so gaan wees totdat dit die dag uiteindelik uitwerk," verduidelik die kunstenaar die tema van die liedjie.

"Versmoor is vol energie en 'n lekker saamsing-liedjie, maar handel steeds oor iets wat elke mens moet deurgaan."

KYK: 'Klein Kwagga' ontmoet held Robbie Wessels

Die sangeres glo die tema is universeel en is dit iets waardeur almal moet gaan in terme van verhoudings. Die liedjie praat ook baie met die jeug, want hulle gaan moontlik nou daardeur.

Om die nuwe enklesnit te vier het Catherine haar gunsteling-liedjie op die Jacaranda FM speellys, 'Tattoo' gesing.

Kyk hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories