KYK: Verwag Mej. Wêreld Rolene Strauss 'n babadogter?

KYK: Verwag Mej. Wêreld Rolene Strauss 'n babadogter?

Voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss het moontlik die geslag van haar nuwe baba verklap.

ROLENE STRAUSS GENDER BOY OR GIRL
Instagram/ Skermgreep

"Die derde een groei so vinnig," het voormalige Mej. Wêreld, Rolene Straus, in Oktober 2023 op 'n Instagram-storie geskryf saam 'n foto waar sy trots met haar maag spog.

Die beeldskone mediese dokter het die opwindende nuus dat sy en haar man, D'Niel Strauss, hulle derde kind verwag op Instagram gedeel.  

KYK: Springbok Handré Pollard se vrou verklap geslag van baba

Behalwe vir die reeks Instagram-stories wat Strauss gedeel het, het sy ook 'n oulike video gedeel om die nuus aan te kondig. 

In die video het een van Strauss se twee seuns 'n foto van klein "baba Strauss" geteken. 

Kyk hier: 

"Te veel liefde om te hanteer. Dankie Jesus. PS: Hoe oulik is die klein outjie se tekening," het Strauss op die plasing geskryf.

Op 'n nuwe Instagram-plasing het Dr. Strauss 'n video gedeel waar sy verskeie "ouvrou-stories" volg om te bepaal of die nuwe baba 'n seun of 'n dogter gaan wees.

KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss verklap groot nuus!

Byvoorbeeld as jy smag na soet goed dra jy 'n meisie en as jy smag na sout is dit 'n seuntjie. Of wanneer jou hare dun word is dit 'n babadogter en as jou hare vol bly verwag jy 'n babaseun. 

Kyk hier:

In die video, stap Strauss ewe veel na albei kante toe, maar Instagram-verbruikers wat op die video kommentaar gedeel het, was steeds oortuig dat sy hierdie keer 'n babadogter verwag.

Gelukkig sal ons binnekort kan uitvind, aangesien die voormalige Mej. Wêreld ook op die plasing gekryf het dat sy binnekort die geslag van haar baba op sosiale media gaan deel.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories