After numerous setbacks there’s hope for Jenny and her special baby

After numerous setbacks there’s hope for Jenny and her special baby

The annual Sabie Tube Race and Good Morning Angels donated R100,000 towards Luke's medical needs and treatment. 

Baby Luke van Wyk and his family
Supplied

Baby Luke van Wyk is just four months old and he's already spent more time in hospital than at home. 

Baby Luke was rushed to NICU just moments after his birth in Kimberley on 18 October 2023 and his mom could only see him properly for the first time the next day.

Little Luke was born with a deformed oesophagus, two holes in his heart, and Down syndrome. He was transferred to a hospital in Bloemfontein, where he underwent an operation and stayed for two months.

His mom, Jenny, stayed with him for weeks on end but had to go home to their two-year-old daughter. During one of their trips between Kimberley and Bloemfontein, a vehicle smashed into theirs from behind and the family's car was written off.

READ: After losing her parents, Kayla needs help to finish her degree

They still travel to Bloemfontein regularly for Luke's doctors' visits. He is due for another oesophagus operation as well as a heart operation.

In the meantime, Jenny will have to go back to work soon, after her maternity leave, for which she has not yet received her UIF payments.

With the love of their family and friends, the family has kept going, but their funds have long run out and the road ahead for little Luke is still long and unknown.

REQUEST FOR: Baby Luke van Wyk and his family 

ANGEL 1: JL Coetzee representing the White River Round Table 

SPONSORING: The annual Sabie Tube Race will donate R50,000 to Jenny and her family to assist with their medical costs for little Luke

ANGEL 2: The Good Morning Angels Fund NPC

READ: Teen mom Laai'qah's dream of education comes true

SPONSORING: The GMA Fund will match this donation with another R50,000 towards baby Luke’s medical needs and treatment

ORIGINAL REQUEST:


Goeie dag, 

Graag deel ek ons klein baba Luke se Storie met julle.

Ons was so opgewonde toe ons hoor ons verwag 'n seuntjie. Ons het nooit gedink dinge sou uitwerk soos dit het nie. Op 18 Oktober 2023 Is my seuntjie, Luke met 'n keiser gebore in Kimberley. Ek was so bly om hom te sien, maar min het ek geweet dat daar fout is met ons klein seuntjie .

Die dokter het Luke net vinnig vir my gewys en gesê dat hulle hom dadelik na NICU toe gaan vat.

Na die keiser is ek terug na die kamer geneem en moes vir 8 ure plat lê. Dit was vir my die langste aand gewees, want ek het nie geweet wat was fout met ons seuntjie nie.

Ek het so geskrik toe ek sien hoe klein hy is en hoe hy in sy bedjie lê met al daardie drade en al die pypies, dat hierdie moederhart net daar gebreek het. Die dokter het aan ons verduidelik dat hy toetse en x-strale gaan doen om seker te maak wat fout is met ons seuntjie. Die dokter het ons in kennis gestel dat ons seuntjie se slukderm nie reg ontwikkel het nie en dat daar 'n moontlikheid sal wees dat hul hom sal moet oorplaas Bloemfontein toe.

READ: Assisting teacher Nazree to help children enjoy and understand maths

Ons het so gebid dat dit nie moet gebeur nie want ons het nog 'n 2-jarige dogtertjie wat by die huis is….

Ek het so gehuil dat ek nie geweet het wat om te doen of om te sê nie. 

Ons klein baba in die broeikas gesit, in die groot ambulans gelaai en ons het agterna gery agter. Ons kom so na 11 die aand by die Hospitaal aan en ons klein lyfie word na die NICU geneem. 

Die volgende dag het die dokters vir ons verduidelik dat ons seuntjie regtig baie siek is.

Ons seuntjie se slukderm het nie reg gevorm nie, dit het soos 'n drie gevorm waar 'n normale baba se slukderm reguit gevorm is, Sy slukderm het aan sy longetjies vas gegroei en gaan nie na sy magie nie.

Luke het ook twee gaatjies in sy hart en is ook 'n downsindroom baba.

Ons seuntjie het toe a.g.v van die slukderm wat nie reg gevorm is nie longontsteking gekry, want daar het te veel vog na sy longe toe gegaan .

Ons seuntjie het baie siek geword en kon hulle dus nie op die stadium die Operasie doen om sy slukderm reg te maak nie. 

Ons was al twee weke weg van die huis en ons klein dogtertjie af weg - sy het by ouma en oupa in Kimberley agter gebly het.

Na 'n lang ruk wat hy in die hospitaal was het hulle vir ons gesê dat hulle maar die kans gaan vat om hom te opereer, want anders gaan ons baba net swakker word. 

Die operasie het goed afgeloop - of so het ons gedink, maar toe het sy longetjie platgeval en hy is op 'n  masjien gesit wat so skud. 

Ek moes intussen ’n plan maak om tyd met my dogtertjie ook te spandeer …  

My tannie het Maandae en Woensdae  saam met my tussen Kimberley en Bloemfontein gery en Saterdae het my man en Ouers en dogtertjie saam gery. My seuntjie het weer 'n virus opgetel en was maar siek gewees, maar dit het beter gegaan en hy het weer "n operasie gekry. 

READ: Assisting Vivek to achieve justice for all South Africans

Met hierdie operasie het hulle die slukderm wat hulle afgebind het uit gehaal en die gaaitjie wat na die longe toe gemaak.

Dit was ook 'n baie lang operasie gewees . Luke het weer 'n virus opgetel en hul het hom behandel.

Luke het so goed gedoen dat hulle hom na  high care toe geskyf het die Woensdag van die 6de Desember ek en my tannie was so bly gewees dat ons met 'n lied in ons hart die pad terug Kimberley aangepak het.

Ongeveer 10 km buite Petrusburg hou ek stil by 'n stop-en-ry.

Die volgende oomblik hoor ons net 'n slag - iemand het van agteraf in ons vasgejaag.

My tannie kon nie uit die kar kom nie en het gesê haar ribbes is baie seer. Sy is per ambulans Kimberley toe geneem  - die kar is afgeskryf.

Ek was ook by Ongevalle gewees omdat ek my rug en nek seergemaak het.

Die Woensdag die 13de Desember 2023 is my seuntjie ontslaan en kon ons hom terug bring Kimberley toe . 

Ons moet gereeld teruggaan Bloemfontein toe vir ondersoeke, want hul gaan op ses maande die operasie doen om sy maag en slukderm te heg en dan moet hy moontlik ook vir n hart-operasie gaan.

Dit gaan maar swaar met ons finansieel want ek wag nog dat die UIF my uitbetaal en ons wag nog om terugvoering te kry oor ons kar.  

Ek moet die 21ste Feb weer begin werk en is onseker oor wat ons met ons baba gaan doen. 

Ons wag nog  vir 'n datum wat hulle beplan om die volgende operasie te doen, maar so ver is dit wanneer Luke 6 maande oud is in April.  

Op die oomblik gaan dit goed met Luke - hy tel gewig op en was nog nie weer siek nie. Ons Dank die Here vir als wat hy vir ons klein wonderwerkie doen.

Vriendelike groete, 

Jenny van Wyk 

Tune in to the 'Breakfast with Martin Bester', weekdays from 06:00 - 09:00. Stream the show live here or download our mobile app here.

Listen to Jacaranda FM: 

Follow us on social media:

Image: Supplied

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories