GMA Extra: Stan stops by to share his new mission with us

GMA Extra: Stan stops by to share his new mission with us

We caught up with Stan 'Troepie' to hear about his progress and his new mission. 

GMA extra stan image with team

GMA EXTRA 12 JUNE 2017 (STAN/ERICA AUG 2014)

BACKGROUND: Stan was only 17 years old when he was called up to the army. This was back in the day when thousands of young men were called up by the apartheid state to do their national duty. 

Like thousands of others, Stan and his family did not question this call of duty. Stan lost friends, experienced trauma and fought as a soldier, believing the fight against the enemy was honourable and just. After the war and democracy, like thousands of others, Stan had to adjust to the reality of a new South Africa - with no help, no therapy, no outlet for what he had lived, witnessed and done. 

Stan called 'The Complimentary Breakfast' when we addressed this South African reality and pleaded for help. We hooked him up with a psychologist who specialises in Post Traumatic Stress Disorder, and so started Stan’s road to making peace - 30 years after the Border War.  

stan image trophy amazing

 FEEDBACK LETTER OCTOBER 2016

 Goeie môre Dianne

Stan hier - ek weet nie waar om te begin nie.

Ek was vanmôre weer vir 'n sessie by Erica. As  jy kan onthou, die sielkundige wat julle my na toe verwys het en waarmee julle my help. 

Ek het vir Rian gebel die dag met die storie oor die mense wat in die Bosoorlog was. Ek het na my sessie reguit na julle kantoor toe gery - ek kan nie vir jou verduidelik hoe ek gevoel het nie.

Dis hoekom ek na julle toe gery het - ek voel so bly en blessed dat ek daai dag vir julle 'n email gestuur het en dat julle my gebel het. 

Ek is seker dit was 'n besturing van bo. Ek het na julle toe gery ek wou jou en Rian net in persoon elkeen n stywe druk kom gee het. 

My hart was so vol blytskap dat ek na dertig jaar by iemand uitgekom het wat my kan help. Ek sit hier nou voor die komper en my hart is skoon seer. Toe ek daar gestaan het en die jong dame by julle ontvangs loop om te hoor of ek julle miskien kan sien het my hele lyf so geskut. Ek weet nie of dit van blydskap of wat dit was nie - ek het net die diep gevoel in my hart gekry ek moet dit doen.

 Woorde kan nie beskyf wat ek in my hart voel nie ek sal julle ewig dankbaar wees mense. 

Julle ken my nie eers nie van geen kant af nie en julle het die wonderlike ding vir my en my famielie gedoen. Ek sal julle nooit in my hele lewe kan terugbetaal nie. Hoe sê 'n mens dankie aan iemand na hy dit vir jou gedoen het en met wat?

Ek sê weer ek wou julle net vasgehou het en vir julle laat verstaan het wat julle gedoen het. Nou vir die eerste keer in my lewe as groot mens het iets in my lewe vir my sin gemaak en het ek begin verstaan wat gebeur het. Ek werk so lekker saam met Erica - sy is so wonderlike mens en verstaan presies hoe ek is en waar ek vandaan kom. Woorde kan dit nie beskryf nie om iemand te kry wat my verstaan nie. 

Ek wil julle net graag terugvoer gee en vir julle bedank.

Ek was so emosioneel en is nog steeds baie hier waar ek nou sit en die epos skryf. Ek weet nie hoe om dit oor te dra nie. Toe ek vanogend met Erica sit en gesels het ek net die gevoel in my hart gekry ek wil die storie met die hele wêreld deel. Ek wil dit vir almal wat wil luister vertel - ek is seker daar is iemand daarbuite wat sal verstaan wat ek voel en miskien ook so voel. Dianne jy kan nie begin om te verstaan hoe ek voel nie dit is hier in my en dit borrel net so.  

Sooveel dinge in my begin nou so baie goed in die lewe verstaan en so baie goed maak nou meer sin as ooit. Ek voel so skuldig oor so baie dinge en oor dit wat ek aan my familie gedoen het oor die laaste 30 jaar. Ek wens net ek kan 'n manier kry om jammer te sê veral vir my vrou en kinders. Hulle is die mense wat die meeste daaronder gely het en ek is so baie lief vir hulle. Ek moet nou maar eers groet anders gaan ek nooit ophou tik nie soos ek gesê het: dit borrel binne my.

 Beste groete,

Stan Potgieter

Show's Stories