Die onheil van die reeksmoordenaar genaamd Moses Sithole

Die onheil van die reeksmoordenaar genaamd Moses Sithole

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe se vierde episode vertel die ware misdaad verhaal oor die donker skadu van onheilspellende moorde wat Moses Sithole oor Suid-Afrika gegooi en die land se nuwe demokrasie tot stilstand geskok het. 

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe 4x3
JacPod

Moses Sithole het sy moord bewind gevoer onder vroue in Atteridgeville, Boksburg en Cleveland, waar hy hulle vir twee jaar soos ‘n roofdier gejag het in die jare 1990s.

Die verwoesting wat hy in hierdie gebiede agter gelaat het, het hom aanvanklik die berugte naam gegee van die 'ABC Moordenaar'. Maar dit is sy regte naam wat vroue en gemeenskappe steeds koue rillings gee.

Dit het vinnig aan die polisie duidelik geword dat dié man nie sou stop nie en die enigste manier om sy gru moorde tot ‘n einde te bring was om hom agter tralies te kry.

Op 21 Oktober 1996 het sy verhoor uiteindelik afgeskop, ‘n jaar nadat hy gevang is. Die hof is met lemmetjies-draad af gesper om te verhoed dat ontstoke lede van die publiek toegang kon kry tot Sithole. Buite het groot groepe vroue elke dag van die verhoor teen hom betoog. 

Moses Sithole
Moses Sithole (Murderpedia)
2 Moses Sithole
Moses Sithole op die voorblaaie van koerante

Sithole se skuldig bevinding het bevestig dat hy in die geskiedenis boeke aangeteken sal word as die veroordeelde reeks moordenaar met een van die hoogste slagoffers ooit.  

Kyk na die tydlyn wat deur True Crime South Africa verskaf is en die volgorde wys waarin die moorde gepleeg is.

Moses Sithole Timeline
'n Tydlyn van die moorde (True Crime South Africa)

Jacaranda FM se Gerda de Sousa bied dié eksklusiewe Afrikaanse potgooi reeks aan op JacPod, oor opgeloste en onopgeloste misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is 'n nuwe en oorspronklike reeks van ses episodes gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa-reeks.

Podcaster Nicole Engelbrecht
Potgooier Nicole Engelbrecht (Foto: True Crime South Africa)

Luister ook na die vorige episodes: 

Show's Stories