Hoe vloek jy?

Hoe vloek jy?

Studie om vloek en tweetaligheid in Suid-Afrika te ondersoek.

Swearing
Freepik.com

'n Studie deur die Universiteit van Wene, in samewerking met navorsers van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk, ondersoek die verskillende emosionele reaksies wat tweetalige mense op vloekwoorde in hul verskillende tale het. 

Die studie fokus op Engels-Afrikaanse tweetaligheid, deur die persepsies van vloekwoorde en vloekgedrag van Engels-Afrikaanse tweetaliges in Suid-Afrika te ondersoek. Die studie het ten doel om komplekse tweetaligheid te meet, ten einde te verstaan waarom sommige woorde as aanvaarbaar in een taal beskou kan word, maar nie in 'n ander nie. Die navorsing is gekoppel aan 'n groter projek oor Afrikaanse vloekwoorde, wat onder andere die herkoms en ontwikkeling van vloekwoorde ondersoek, asook die rol van vloekwoorde in populêre media.

Tweetalige mense het dikwels verskillende emosionele reaksies op woorde in hul verskillende tale – dieselfde geld vir taboetaal. Wat 'n aanstootlike vloekwoord in een taal is, kan 'n vertaling in 'n ander taal hê wat heeltemal aanvaarbaar is om in beleefde geselskap te gebruik.

Elouise Botes en Thomas Goetz van die Departement Ontwikkelings- en Opvoedkundige Sielkunde aan die Universiteit van Wene ondersoek vloek en tweetaligheid in samewerking met navorsers van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk. Gerhard van Huyssteen, 'n prominente Afrikaanse taalkundige van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, en Jean-Marc Dewaele, bekende toegepaste taalkundige van Birkbeck, Universiteit van Londen, is by die projek betrokke.

Hoewel hierdie studie op Engels-Afrikaanse tweetaligheid fokus, sluit dit aan by 'n groter navorsingsprojek oor Afrikaanse vloektaal, waarin onder andere die rol van taboetaal in kunsmatige-intelligensietoepassings, die herkoms en ontwikkeling van vloekwoorde, en vloekwoorde in populêre media ondersoek word.

In hierdie gemengdemetodestudie die vraelys word deelnemers regoor Suid-Afrika of elders in die wêreldgevra om in 'n vraelys – wat ongeveer 10 minute neem om te voltooi – op taboetaal in Afrikaans en Engels te reageer deur die vlak van aanstootlikheid van woorde te beoordeel. Grootskaalse data sal hopelik op dié manier ingesamel word; mense wat bereid is om aan in-diepte onderhoude deel te neem, sou ook hulle bereidwilligheid kon aandui.

Die studie sal dus onder andere poog om komplekse tweetaligheid te meet en taalagtergrond met vloekwoorde in verband te bring. Uiteindelik wil ons probeer uitvind waar dit dalk aanvaarbaar is om "shit" voor Ouma te sê, maar nie "kak" nie.

Deelnemers kan toegang tot die studie kry by: https://bit.ly/AfrikaansEnglishSwearing/

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories