Vir Jacaranda FM se Gerda de Sousa is "liefde 'n veilige hawe"

Vir Jacaranda FM se Gerda de Sousa is "liefde 'n veilige hawe"

Jacaranda FM se Gerda de Sousa en haar man, Tony, is al vir meer as twintig jaar getroud. Om die maand van liefde te vier het ons met haar gesels oor wat liefde vir haar beteken, en Valentynsdag. 

Gerda de Sousa and husband Tony
Verskaf

Gerda de Sousa is 'n gesoute joernalis en die geliefde nuusleser op 'Breakfast with Martin Bester'. 

In die Jacaranda FM-kantoor is sy gewild vir haar unieke grappies en sê-goed, haar sjokolade koek, en nie-altyd-positiewe nuus nie. 

Maar na 'n nuusbulletin is sy 'n vrou en ma. 

Sy en haar aantreklike man, Tony, is al vir meer as twintig jaar getroud. Saam het hulle een pragtige seun, Aidan. 

Hoe kry hulle dit reg om dit na soveel jaar saam steeds te laat werk? Dis wat sy gesë het: 

1. Wat beteken liefde vir jou? 

 "'n Veilige hawe. 'n Plek waar ek my skip anker."

 2. Hoe het jy geweet Tony is die man vir jou? 

"Tony het vir lank vlerk gesleep en toe een aand in 1997 in 'n club vir my gesê: 'All it will take is one kiss.' En hy was reg!"

3. Hoe laat jy jou huwelik werk na soveel jaar saam?

"My tong is deur gebyt. Ek leer nogsteeds wanneer om iets te sê, wanneer om in die stilte my oë te rol, en wanneer om my stem dik te maak. En ek weet Tony doen dieselfde."

 4. Wat maak Valentynsdag so spesiaal vir jou en jou man? 

"Wanneer is Valentynsdag nou weer?" Lag sy. 

"Ons eet elke Woensdagaand burgers en aangesien Valentynsdag hierdie jaar op 'n Woensdag is, sal ons definitief burgers eet. Maar ek sal my spesiale sampioensous maak, wat ek weet my man en my seun hulle lippe voor aflek. En gebraaide uie. Dan is dit mos spesiaal."

5. Wat is jou grootste wens vir jou man?  

"Ek wens vir my man dat hy altyd moet weet dat my wense vir hom uit my hele hart kom."

6. Wat is jou advies vir jong getroudes?

"Hou by wat vir julle twee werk. Jy kan na almal om jou se raad luister, maar op die ou einde is dit net die twee van julle in hierdie huwelik. Bewaar dit, dis kosbaar. Hou by julle beloftes. Dit het niks met enige iemand anders te doen nie."

Gerda de Sousa en haar boesemvriendin, Dianne Broodryk, is al vir jare vriende en het saam studeer. Dié twee het saam begin werk as joernaliste en werk steeds saam by Jacaranda FM. 

Dié twee "mevrouens", soos hulle hul self noem, het 'n potgooi waar hulle gesels oor die lewe en al sy uitdagings. 

Luister na 'Mevrou Mevrou' hieronder: 

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories