'Kinders het geen respek' - Skryf skool aan ouers
Updated | By Jacaranda FM
"Dit is u plig en ook u verantwoordelikheid om 'n kind skool toe te stuur, wat deur u opgevoed is om ander te respekteer en klasreëls te gehoorsaam." Lees die volledige brief hieronder.
Esselenpark Sekondêre Skool in Worcester, het 'n opebrief aan ouers geskryf waarin dit noem dat kinders het geen respek vir ander, gesag en die skool.
LEES: Pornografie se greep op kinders erger as wat ouers dink
"Die kinders het deesdae geen respek vir grootmense en gesag nie. Ons kinders maak mekaar fisies seer en gee nie om wat die gevolge daarvan is nie. Leerders gebruik krutaal en vloek mekaar uit. Die toename van boelie-gedrag is kommerwekkend. Ons leerders breek die skool af, is vernielsugtug en raak betrokke by dwelmgebruik asof dit uit die mode gaan. Ouers, ons kinder raak by dinge betrooke wat hulle seermaak."
Die skool het ouers versoek om ernstig met kinders te praat en verantwoordelikheid te neem oor die kind se lewe.
"Dit bly u plig en verantwoordelikheid om 'n kind skool toe te stuur, wat deur u opgevoel is om ander te respekteer en die gedragskode/klasreëls te gehoorsaam.
LEES: Here are the top performing public schools in South Africa
Die skool is ook bekommerd oor die gedrag en ingestelheid van matrikulante.
"Moedig u kind aan om deeglik voor te berei en maak seker u weet wat in u kind se lewe aangaan."
Lees die volledige brief hieronder:
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
South African star to perform at FIFA World Cup opening ceremony
Bafana Bafana will go head-to-head with Mexico in the opening match.
Breakfast with Martin Bester 3 hours ago -
Date My Mom: Will there be a second date?
It was finally the Date My Mom finale, and our mom, Maché Lewis, chose the…
Breakfast with Martin Bester 4 hours ago