Mevrou krap waar dit voorheen nie gejeuk het nie

Mevrou krap waar dit voorheen nie gejeuk het nie

Die een oomblik het Mevrou nog in die branders baljaar en die volgende oomblik het haar Desember vakansie in een ontaard met 'n allergiese reaksie. 

mevrou mevour Allergies
Jacaranda FM

Mevrou moet nou die realiteit in die gesig staar dat sy moontlik allergies geraak het vir skulpvis - een van haar gunsteling-disse. In hierdie episode van Mevrou Mevrou, wonder Gerda de Sousa en Dianne Broodryk hoekom mens nie eerder allergies kan raak vir iets wat jou dwars in die krop steek nie...

Gerda de Sousa was nog nooit in haar lewe vir iets allergies nie, en nou besef sy dat sy dit eintlik as vanselfsprekend aanvaar het.

Die probleme het in Desember 2023 begin, toe De Sousa se voete een aand begin jeuk het en sy wakker geskrik het met 'n droeë mond.

Nou sukkel sy om dit te aanvaar dat sy moontlik allergies is vir garnale. 

Sy moet nou gaan toets, maar op dié stadium weier sy nog om die realiteit te aanvaar.

Dianne Broodryk stem saam dat dit heeltemal onregverdig is dat mens allergies kan raak vir iets waarvoor jy só lief is.

En nie op dié ouderdom nie - hulle weet nou waarvan hulle hou en nie hou nie. 

Dianne Broodryk reken dat die wêreld 'n baie beter plek sal wees as sy eerder 'n allergie kan ontwikkel vir mense wat vir haar lieg.

Of nog beter - dit sal baie beter wees as die persoon wat jou 'n rat voor die oë wil draai, sommer self, daar en dan, in reuse knoppe uitslaan.

Kan jy jouself nou net indink...

Mevrou Mevrou Allergies Banner
Jacaranda FM

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat alles van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou Generic
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie. 

Luister na ons vorige episodes:

Show's Stories