Mevrou kwas die erf kas

Mevrou kwas die erf kas

Mevrou het besluit dat die eetkamer kas, waarmee sy groot geword het, nou ‘n ander kleur moet kom.

Mevrou MEvrou Episode 5
Jacaranda FM

Die kwas gier het Mevrou ook gebyt.

Maar mag mens die blik verf leeg maak op enige erfstuk?

In die vyfde episode van Mevrou Mevrou, skraap Gerda de Sousa vir Dianne Broodryk nader om te kom help verf aan ‘n ou kas wat sy by haar ma gekry het en nou met die tyd saam wil verander ……

Mevrou onthou hoe sy saam met haar pa, ma, boetie en sussie elke dag langs dié eetkamer kas aan tafel geëet het.

Party keer was dit net hulle, ander keer saam met familie en vriende.

Almal het geweet waar om die borde in die kas te kry en die Delft op vertoon is elke week afgestof.

Nou is die kas in Mevrou se eie huis waar dit staan langs die bypassende ronde eetkamer tafel.

‘n Mooi egte hout stel -al is dit sonder al die Delft en goetertjies wat haar ma altyd uitgestal het.

Maar tye het verander.

Mevrou het die kas baie meer in haar kombuis nodig as langs die eetkamer tafel.

En dit moet ‘n ander en meer moderne kleur kom.

Swart, want dit pas by die kombuis

Mag mens jou kwas in die verf doop vir ‘n erfstuk?

Wel, die twee Mevrouens het toe, en hier is die video van toe die eerste verfstroke die hout tref …….

Mevrou Mevrou is ‘n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse podgooi deur Jacaranda FM waarin twee “gesoute” radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou channel banner
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie. 

Luister na die vorige episodes: 

Show's Stories