Caroline Grace stel nuwe musiekvideo vir eindelose liefde vry

Caroline Grace stel nuwe musiekvideo vir "Eindelose Liefde" vry

Sedert haar deelname aan die tweede seisoen van The Voice SA, het die pragtige Caroline Grace Brüssow nog nooit ophou beïndruk nie. 

Caroline Grace
Supplied

Hoendervleismooi is die perfekte woord om Caroline-Grace se splinternuwe album, EINDELOSE LIEFDE, op te som. Haar kenmerkerkende helder stem en emosiebelaaide benadering, is die perfekte pasmaats vir elke kontemporêre snit en die eindresultaat sal luisteraars van die eerste noot af in vervoering hê. 

“Die album sal jou op ’n hartsreis neem, waar liefde en hoop die hoofrol speel,” verklap die sangeres. “Ek wou graag hê dat elke liedjie op die album kan kersvashou met Ek Bid Vir Jou. Dit moes die verhaal vertel van liefde wat eindeloos is. Die soort liefde wat ’n steunpilaar is, hoop gee, elke dag groei en selfs liefde wat verlore gegaan het. Dit is vir my belangrik dat luisteraars moet aanklank vind by my musiek, dat dit die beste kwaliteite in my stem moet uitbring en dat ek self ook kan waarde heg aan elke liedjie.”  

ALSO READ: Martin Bester se nuwe musiekvideo is hier!

Die CD bestaan uit elf snitte, waarvan nege deur van die land se voorste liedjieskrywers geskep is, waaronder Vaughan Gardiner, Johan Vorster, Roux Cloete en Niel Schoombee. ’n Pragtige weergawe van die Roxette-treffer, It Must Have Been Love, asook ’n duet van Jannie du Plessie se Liedjie Vir Jou saam met Fatman, maak ook deel van die speellys uit. “Die album is warm en opreg. Nie een liedjie klink dieselfde nie, maar tog is daar ’n goue lyn wat deurgetrek kan word. Dit is die perfekte keuse vir die langpad, omdat elke snit jou nooi om dit klaar te luister en saam te sing,” sê sy.

Show's Stories