Joe Foster herdenk Pulse nagklub aanval met emosionele musiek video

Joe Foster herdenk Pulse nagklub aanval met emosionele musiek video

Na die reuse sukses van Joe Foster & Johan C Venter se eerste duet “Hoe Moes Ek Weet”, doen hulle dit weer met hulle splinternuwe “Voel My Pols”. 

joe foster
Joe Foster / Youtube

Joe Foster se splinternuwe musiekvideo is hier - en dit gaan luisteraars nie net diep raak nie, maar ook herinner om deernis en liefde bo verdeling en veroordeling te kies. 

Hierdie liedjie is vrygestel op Joe Foster se nuutste album 'Volgende Stap.' Foster wag al drie jaar om hierdie snit vry te stel - nou was die regte tyd.

LEES OOK: EKSKLUSIEF: Joe Foster verklap meer oor troue en nuwe musiek

'Voel My Pols' was oorspronklik geskryf en gesing deur Amerikaanse sangers en liedjieskrywers Eli Lieb en Brandon Skeie. Hulle het die liedjie geskryf na die afgryslike tereuraanval op “Pulse”, 'n gayklub in Orlando, Florida op 12 Junie 2016, waar ’n terroris 49 mense dood geskiet en 53 beseer het. 

Dit was na 1949 en voor die 2017 se Las Vegas skiet voorval een van die grootste mense slagtings in Amerika se geskiedenis ooit.

Foster en Venter was hierdeur geraak, soos talle ander mense en het in daardie tyd op hierdie snit af gekom. 

LEES OOK: Actress Christine Basson remembered fondly

Die twee het besluit om ter nagedagtenis van al hierdie slagoffers en die internasionale gay gemeenskap in die middel van internasionale LGBTI+ bewustheidsmaand hierdie snit vry te stel. “Dit is my liefdadigheid” sê Foster.

“Ek wil ons mense bind waar verdeling en verwerping in geslag en seksuele oriëntasie ons jeug en gemeenskap in ’n baie kwesbare posisie plaas."

Die wit en swart musiekvideo word ook opgedra aan almal wat geboelie word oor hul seksualitieit.

Kyk na die musiek video hier:

Show's Stories