KYK: Bouwer Bosch poog om deure oop te maak met dokkie oor erfenis

KYK: Bouwer Bosch poog om deure oop te maak met dokkie oor erfenis

"In ’n maand soos hierdie met al die verskillende gesprekke en diskoers op die tafel moet ons bietjie stilstaan en oor ons erfenis nadink," sê Bouwer oor die dokumentêr.

Bouwer Bosch
Bouwer Bosch / Supplied.

Met 'Liefde Love Uthando', maak Bouwer Bosch nog verder deure oop met 'n liedjie in Afrikaans, Engels en Zulu wat spreek tot sy passie vir samehorigheid en Ubuntu. 

LEES OOK: KYK: Bouwer Bosch ondersoek kultuur en tradisies in nuwe musiekvideo

In die liedjie wat aan die einde van Augustus bekend gestel is, span Bosch kragte met die talentvolle sangers Gazelle en Freddy L wat beide hul eie verse vir die liedjie geskryf het. “Daar is 'n besonderse sinergie in diversiteit, beide in die natuur en in die samelewing” sê Gazelle. 

“Hierdie liedjie herinner dat ons almal deel van 'n groot geheel is.”

Die musiekvideo van die liedjie sluit danstonele van `n Pantsula-groep, ’n Volkspele-groep, asook `n Xhosa-danser in. Bosch wou met die video wys hoe baie ons as Suid-Afrikaners in gemeen het.

Bosch vertel meer oor die maak van die dokumentêre video: “In ’n maand soos hierdie met al die verskillende gesprekke en diskoers op die tafel moet ons bietjie stilstaan en oor ons erfenis nadink.  Ons is nie net Afrikaners, Zulu’s, Tswana’s en meer nie, ons is ook Suid-Afrikaners, en ons is besig om saam te skryf aan ’n nuwe hoofstuk vir die volgende generasie."  

Volgens die sanger, is die dokumentêr se doel om betekenis te gee aan wat hul doen as dansers, skrywers, musikante en landsburgers.  

"Ons deel stories oor hoekom ons lief is vir die kunste, die verantwoordelikheid wat saam met dit kom en die eenheid wat die kunste kan skep in ’n uitdagende land soos Suid Afrika. Dit is maklik om mense teen mekaar op te vryf, maar die doel van hierdie lied en musiekvideo is juis om te wys dat daar hoop en versoening in die erkenning van mekaar se identiteite kan wees.”  

Bouwer Bosch documentary
Verskaf.

Die oorspronklike idee van die musiekvideo was vir eers net om ’n kort gedeelte van elkeen se verhaal te deel maar soos ons begin het met die vra het Gazelle voorgestel ons gesels bietjie langer met almal en kry bietjie meer konteks.  Die dokumentêr het amper per ongeluk gebeur omdat ons op die dag van die shoot besluit het om meer vrae te vra en almal meer geleentheid te gee om hul stories te vertel.”

Show's Stories