KYK: Len Muller en Stella se nuwe musiekvideo, 'Toevlug'
Updated | By Persverklaring
'Toevlug', wat deur Len en Stella geskryf is, laat jou hart warm klop en bring hoop vir die toekoms deur die inspirerende lirieke van die lied. Kyk die musiekvideo hieronder.

“Die lied gaan oor die toevlug en heenkome wat die Skepper vir ons almal wil wees. Wanneer dinge moeilik gaan, of heelwat uitdagings kom oor jou pad, wil die lied jou bemoedig om nie te hardloop na tydelike verligting op aarde nie, maar na die Een wat jou hart geskep het, want dáár alleen sal jy rus en beskerming vind."
LEES OOK: Matthew John Duncan se musiekvideo vir 'Roep'
Die lied is vir hom spesiaal, omdat hy die voorreg gehad het om saam met sy tien jaar lange vriendin, Stella, vir die eerste keer te kan saamsing.
"Die lied het my ook persoonlik deur baie moeilike tye gehelp,” vertel Muller oor die besonderse lied.
“Beeldmateriaal is van my geskiet in my motorhuis wat ons in ‘n studio omskep het. Stella se beeldmateriaal is op haar plaas in Carolina geskiet. Daar is ook dele in die Kaapskiereiland geskiet,” verklap die sanger oor die video.
Die liedjie vorm ook deel van sy opkomende album wat tans in die afrondingsfase is en later hierdie jaarvrygestel sal word.
Show's Stories
-
Rian van Heerden will say goodbye at Jacaranda FM's final #Straatbraai
On 30 June 2022, it will be Rian van Heerden and Jacaranda FM's last #St...
The Scenic Drive with Rian 3 days, 18 hours ago -
WATCH: Freaky encounter with two snakes
What would you do in this situation?
Mornings with Mack 46 seconds ago