Kyk Saarkie se musiekvideo vir 'Reënweer'

Kyk Saarkie se musiekvideo vir 'Reënweer'

Daar is nie ’n beter manier om die opwinding en vrolikheid van die lente te vier as met ’n opgewekte en romantiese musiekvideo deur Suid-Afrika se gunstelingrock-evas, Saarkie, nie.

saarkie
Verskaf.

Saarkie, wat bestaan uit Adèle, Mjön en Lila Botha, vier vanjaar hulle elfde bestaansjaar en word beskou as een van die mees suksesvolle rockgroepe in die land. 

Om dié mylpaal te vier het het onlangs hul jongste musiekvideo bekendgestel.

KYK OOK: Pierre Nel releases music video for 'Collide'

'Reënweer', wat reeds besig is om die trefferleer te klim nadat dit onlangs vrygestel is, se musiekvideo vertel die verhaal van ’n plaasseuntjie wat elke dag hoop dat die meisie van sy drome hom sal raaksien. Alhoewel sy klaarblyklik onbewus is van sy bestaan, verloor hy nie moed nie, en neem hy elke dag sy sambreel saam skool toe... vir ingeval dit dalk reën en hy dit vir haar kan aanbied. 

“Ek en Mjön van Blommestein het met die konsep vir die video opgekom,” verklap voorsanger, Adelè Fouché, oor wat agter-die-skerms gebeur het. 

SAARKIE se instrument-insetsel is deur Willem Foster by SunshineCo. in Johannesburg verfilm, terwyl Mjön die kinders op ’n grondpad in Pretoria afgeneem het en self ook verantwoordelik was vir die redigering van die video.” 

'Reënweer' is ’n lekkerluister rocksnit, uit Adelè se pen, wat gedurende die eerste vyf weke van die grendeltydperk geskryf is. Dit is die groep se eerste vrystelling nadat hulle vir ’n rukkie stil was. 

“Gedurende inperking, het die paaie ewe skielik stil geword in die aand. Die geraas van karre, is vervang deur naggeluide,” verklap die meisies oor die inspirasie agter die lied. Almal wil iemand naby aan hulle hê. Grendeltyd het ons fokus geskuif na die dinge wat belangriker is as die gejaag van die daaglikse lewe.”

LEES OOK: Bouwer Bosch ondersoek kultuur en tradisies in nuwe musiekvideo

Dié snit bou natuurlik voort op die unieke rockklank waarvoor die groep bekendheid verwerf het en is een van daardie liedjies wat jou dwing om stil te staan en te luister wanneer jy dit vir die eerste keer hoor. 

Die Saarkies het bekendheid verwerf vir hulle energieke elektries-akoestiese styl en is oor die jare vir verskeie Ghoema- en SAMA-musiektoekennings benoem, waaronder Beste Rock-Album van die Jaar, Beste Album deur ’n Groep of Duo en Groep van die Jaar. Hulle is ook ’n gereelde gesig by Suid-Afrika se grootste muskiekfeeste soos Aardklop, KKNK, Innibos en meer.  

Show's Stories