KYK: Valeska Muller se nuwe musiekvideo
Updated | By Persverklaring
Die liefde blom behoorlik in Valeska Muller se splinternuwe musiekvideo - kyk dit hieronder!

'Naby my naby jou', Valeska se jongste enkelsnit is ’n pragtige moderne ballade wat dit regkry om die euforiese gevoel van die liefde vas te vang. Dis ’n spanpoging deur die sangeres en haar vervaardiger, BIGG-T, en kombineer drie genres, Pop, Reggae en Huismusiek, om ’n merkwaardige eindresultaat te skep.
LEES OOK: Pierre Nel verlig hartseer en pyn met nuwe musiekvideo
Dit was vir Valeska baie belangrik dat die musiekvideo die euforie en kinderlike opgewondenheid van die liedjie behoorlik sou vasvang. Daarom het sy die Hertford Country Hotel, met sy pragtige landskap en geboue, gekies om as agtergrond vir hierdie liefdesverhaal te dien.
Hierdie is ’n lied wat ek uit die diepte van my hart geskryf het vir my sielsgenoot. Deur dit te sing, wil ek ware liefde in my lewe laat manifesteer- Valeska
Saint Nic Media, wat ook verantwoordelik was vir haar vorige musiekvideo’s, was weereens aan stuur van sake en het ’n spesiale kamerategniek gebruik om die beeldmateriaal so natuurlik as moontlik te hou. Stilering is deur die musikant self gedoen, terwyl Hannelie Burger omgesien het na haar hare en grimering.
KYK DIE MUSIEKVIDEO HIERONDER:
Show's Stories
-
The one SA city that has almost no load reduction
Eskom has revealed that there is one South African city that experiences...
Breakfast with Martin Bester 5 minutes ago -
WATCH: Dancing Spider-Men steal spotlight at wedding
What do you get when you combine a wedding, a Spider-Man suit and amapiano?
The Drive with Rob & Roz 14 hours ago