KYK: Valeska Muller se nuwe musiekvideo

KYK: Valeska Muller se nuwe musiekvideo

Die liefde blom behoorlik in Valeska Muller se splinternuwe musiekvideo - kyk dit hieronder!

Valeska
Valeska Muller / Youtube.

'Naby my naby jou', Valeska se jongste enkelsnit is ’n pragtige moderne ballade wat dit regkry om die euforiese gevoel van die liefde vas te vang. Dis ’n spanpoging deur die sangeres en haar vervaardiger, BIGG-T, en kombineer drie genres, Pop, Reggae en Huismusiek, om ’n merkwaardige eindresultaat te skep.

LEES OOK: Pierre Nel verlig hartseer en pyn met nuwe musiekvideo

Dit was vir Valeska baie belangrik dat die musiekvideo die euforie en kinderlike opgewondenheid van die liedjie behoorlik sou vasvang. Daarom het sy die Hertford Country Hotel, met sy pragtige landskap en geboue, gekies om as agtergrond vir hierdie liefdesverhaal te dien.

Saint Nic Media, wat ook verantwoordelik was vir haar vorige musiekvideo’s, was weereens aan stuur van sake en het ’n spesiale kamerategniek gebruik om die beeldmateriaal so natuurlik as moontlik te hou. Stilering is deur die musikant self gedoen, terwyl Hannelie Burger omgesien het na haar hare en grimering.


KYK DIE MUSIEKVIDEO HIERONDER:

Show's Stories