Pierre Nel verlig hartseer en pyn met nuwe musiekvideo

Pierre Nel verlig hartseer en pyn met nuwe musiekvideo

Met sy nuwe enkelsnit, Mis Jou, herinner Pierre Nel  die luisteraar dat dit menslik is om soms hartseer of eensaam te voel - kyk die musiekvideo hieronder.

Pierre Nel
Youtube.

Dié enkelsnit word op Valentynsdag vanjaar, saam met die musiekvideo, vrygestel en die eerlike woorde met die ligte wysie sal die boodskap van hoop op dié dag van liefde oordra.

LEES OOK: Christia Visser, Elandré, Brendan Peyper & Refentse se 'Ons Maak Saak'

“Ek het met Mis Jou probeer om die emosie so eerlik en rou as wat ek kon na vore te bring en ek glo baie luisteraars sal daarmee kan vereenselwig,” het Pierre vertel. 'Mis Jou' is ’n pop-ballade wat handel oor ’n kêrel wie se hart bars van verlange ná ’n vorige verhouding. Volgens Pierre bewys dié graad van verlange indirek dat storieboekliefde en dieselfde passie bestaan.

'Mis Jou' is uit Pierre se pen en saam met die veelsydige Hugo Ludik verwerk.

“Die liedjie se konsep het ontstaan nadat ek voorheen so iets moes verwerk en dié liedjie was geskep om vanuit my eie rou emosie genesing te vind.” het Pierre verduidelik.

In die musiekvideo kry sy woorde lewe as die hoofkarakter ’n eksperimentele prosedure ondergaan om die herinneringe, verlange en pyn te verwyder. “Die musiekvideo spreek die diep konsep van seer en verlange op ’n ligte wyse aan en die resultaat is presies wat ek wou bereik.

KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:

Sy eerste enkelsnit, Al Waarvoor Ek Leef, is reeds in 2017 vrygestel en in 2019 het hy ook gekwalifiseer as dokter.

“Ek beplan ’n lewe vol kreatiwiteit en opwinding met my musiek, maar ek wil ook spesialiseer in narkose of oogheelkunde,” het hy sy toekomsplanne gedeel.

Show's Stories