Lee Scott terug met nuwe musiekvideo, 'VRY'

Lee Scott terug met nuwe musiekvideo, 'VRY'

Aanhangers was in September in rep en roer oor die vrystelling van Lee Scott se jongste enkelsnit, VRY. Kyk die musiekvideo hieronder!

Lee Scott
Lee Scott / Youtube.

Die lied bewys weereens hoekom Lee Scott al vir soveel jare sy passie - met soveel sukses - in die kollig kan uitleef. 

LEES OOK: Leah se emosionele musiekvideo vir 'Kyk Na My'

'VRY' is ’n inspirerende popsnit met ’n lekkerluister-ritme, wat saam met Hugo Ludik en Vaughan Gardiner van Muse Productions geskryf is, en daarop fokus om luisteraars te laat glimlag. 

'VRY' is geskryf met die idee dat elke mens uit die kompleksiteit van alledaagse realiteit kan ontsnap deur te dagdroom, verduidelik die sanger. 

“Daar is baie mense daar buite wat met angs en depressie leef. Omdat ek self sukkel met angs, wou ek ’n liedjie skep wat my herinner dat die lewe nie altyd perfek of kompleks hoef te wees nie. Dat ons moet vashou aan eenvoudiger tye en dat dit oukei is om oukei te wees," meen Scott,

"Tyd is kosbaar en daarom moet jy probeer om elke sekonde te laat tel.” 

KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:

Show's Stories