'Maak my Famous' se Bernice West se musiekvideo is 'n moet-kyk

'Maak my Famous' se Bernice West se musiekvideo is 'n moet-kyk

Die nuweling se unieke styl en asemrowende stem gaan jou verras - kyk na haar musiekvideo hieronder!

BERNICE WEST
Bernice West / Facebook.

Bernice West het aanvanklink bekendheid verwerf as die naaswenner van kykNET se Maak My Famous en was ook deel van die Bohemian Rhapsody musiekvideo wat deur die Hoërskool Rustenburg se koor gesing was en wat groot opslae in die media gemaak het.

KYK NA DAARDIE MUSIEK VIDEO HIER: Rustenburg High School pay tribute to the legendary Freddie Mercury

West het onlangs haar eerste solo enkelsnit en musiekvideo bekendgestel. Behalwe vir haar unieke stem is die jong sanger ook ‘n talentvolle liedjie skrywer.

“Sonop-Blom sal ek nie noodwendig klassifiseer as ’n spesifieke genre nie, dit is bloot ’n mengsel van ’n bietjie modern-pop gemeng met rock en dalk ’n bietjie alternative saam met dit gegooi, dit pas (on)gelukkig nie in ’n boks nie en dit is oop vir die luisteraar om self te besluit waarin hulle dit wil klassifiseer.” sê Bernice van haar debuut enkelsnit.

LEES OOK: Bekendes skitter op die kykNET Fiëstas-bloutapyt

West vertel verder dat 'Sonop-Blom' een van haar eerste volledige liedjies was wat sy op die uke geskryf het. 

"Die storie rondom dit gaan oor ’n meisie wat op die maan gebly het en dood verlief was op die son, alhoewel sy weet sy nooit naby die son kon kom nie, het sy ’n hele bedding vol sonneblomme op die maan geplant, net sodat sy die son se strale in die groei van die blomme kon vasvang. Net so is dit ook wanneer jy iemand of iets in jou lewe verloor het en jy na hulle verlang, hou jy aan die klein memories wat jy saam met hulle gehad het vas, of aan die bietjie wat jy van hulle kon ontvang.”

KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:

Show's Stories