MOET-KYK: Akoestiese optrede van Ruiter Piet se 'Minnie se Liedjie' en 'Reg Lanks Jou'

MOET-KYK: Akoestiese optrede van Ruiter Piet se 'Minnie se Liedjie' en 'Reg Lanks Jou'

Na die sukses van Ruiter Piet se debuut enkelsnit 'Minnie se Liedjie' wat in Maart vanjaar vrygestel is, het Ruiter Piet en Die Partytjie geen bekendstelling nodig nie.

ruiter piet
Ruiter Piet / Facebook.

2020 is amper verby en ons kon nie aan 'n beter manier dink om die jaar vaarwel te bied, as met spesiale akoestiese optredes van ons gunsteling plaaslike kunstenaars!

KYK OOK: Bernice West sing akoestiese weergawes van 'Die Hart' en 'Kom Binne'

Ruiter Piet is die solo projek van Pieter de Jager, voormalige Bass-speler en liedjieskrywer van Karlien van Jaarsveld se Afrikaanse Grunge Rock groep 'Revolusie' en die SAMA bonoemde Folk Country orkes 'Die Tuindwergies'.

Na Die Tuindwergies se laaste vertoning by Jacaranda Day in 2014 het Pieter gaan rond rits reg om die wêreld en gaan skryf aan sy nuwe Solo projek “Ruiter Piet “ met sy nuwe orkes agter hom “Die Partytjie” wat bestaan uit: Jaco Mans (Hoof kitaar) Andre van Coller (Saksofoon) Jason Hinch (Tromme) en Duard Musk (Bass).

Posted by Ruiter Piet on Monday, 14 December 2020

LEES OOK: Die Tuindwergies' Ruiter Piet is number 1 on the SA Top 20

In hierdie spesiale akoestiese musiekreeks, tree Ruiter Piet twee van hul liedjies, 'Minnie se Liedjie' en 'Reg Lanks Jou' op.

"2020 was wild en 'n ons het baie by die huis gebly, maar dit het uiteindelik tot 'n einde gekom. Ons sien baie uit na 2021," sê De Jager oor die moeilike jaar wat agter die rug is.

KYK DIE SPESIALE AKOESTIESE OPTREDE HIERONDER:

Show's Stories