MOET-KYK: 'Binnelanders'-akteurs se beeldskone weergawe van 'Stille Nag'
Updated | By Jacaranda FM
Sterre van die kykNET-reeks, ‘Binnelanders’ het kragte saamgespan om 'n spesiale weergawe van, ‘Stille Nag’ op te neem - en die musiekvideo is 'n moet-kyk!

Germandt Geldenhuys (Louis Koster in Binnelanders) vertel hy het oor die moeilike 2020 gesit en dink toe hy die idee kry om die kersliedjie met van sy goeie vriende en mede-akteurs aan te pak.
LEES OOK: "Ek gaan meer fokus op musiek" - Germandt Geldenhuys
Vir die spesiale opname het die 'Kanarie'-akteur vir Clint Brink (dr. Steve Abrahams), Reynardt Hugo (dr. Tertius Jonker), Paul Lückhoff (oom Wimpie du Toit) en Ben Krüger (Okkie Ferreira) by 'Binnelanders' genader om deel van hierdie projek te wees.

"Jy kan sekerlik saamstem: hierdie was ‘n tawwe jaar, wat baie van ons se hoop weg gevreet het en gevolglik gaan hierdie Kersfees dalk ‘n bietjie meer gedemp wees, vir baie mense. Dit is presies waaraan ek gedink het op ‘n Maandagmiddag einde November toe iemand my daaraan herinner dat daar in die stil tye van die lewe ook wonderwerke kan gebeur - dat nuwe lewe (en hoop) uit die eenvoud kan spruit," skryf Geldenhuys op sy Instgram-bladsy.
KYK DIE MUSIEKVIDEO HIERONDER:
LEES OOK: 'Binnelanders' se Germandt Geldenhuys spog met nuwe aanlyn-winkel
Die projek was in net sewe dae realiseer en die opbrengs daarvan gaan aan die Abraham Kriel-kinderhuis geskenk word.
"Ek het ook besluit dat ek hierdie projek alles ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis gaan doen. So, elke keer wat jy die song aflaai, koop, speel of share, doen jy dit met die wete dat jy ‘n klomp kinders se Kersfees en Nuwe Jaar ‘n klein bietjie lekkerder gaan maak," verduidelik Geldenhuys.
Show's Stories
-
Rian van Heerden will say goodbye at Jacaranda FM's final #Straatbraai
On 30 June 2022, it will be Rian van Heerden and Jacaranda FM's last #St...
The Scenic Drive with Rian 3 days, 18 hours ago -
WATCH: Huge vulture hitches a ride on paraglider
This is one heck of an experience!
Mornings with Mack 6 minutes ago