MUSIEKVIDEO: Kirsten Richard plaas verhoudings en die dood onder die soeklig

MUSIEKVIDEO: Kirsten Richard plaas verhoudings en die dood onder die soeklig

Kyk Kirsten Richard se splinternuwe musiekvideo vir 'Ons is Groot' hieronder.

ons is groot kirtsen richard
Verskaf.

Kirsten Richard se nuwe enkelsnit 'Ons is Groot' plaas die soeklig op verhoudings en die impak wat die dood op verhoudings het. 

KYK OOK: Kirsten Richard covers Biggy's 'Dames' on #StayAtHomeLive with Breakfast with Martin Bester!

Dié enkelsnit uit Kirsten se eie pen is uit die oogpunt van  iemand wat oorlede is en wat terugkyk na die lewe en geliefdes en besef dat hul obsessie met die idee van groot word hul van ware geluk weerhou het. 

“Die persoon is nou groot, maar besef te laat dat die lewe nie oor groot wees gaan nie, maar oor die reis van groot word,” het Kirsten gesê. Volgens Kirsten skryf hy juis self sy musiek omdat dit sy emosies en gevoelens so akkuraat moontlik vasvang. 

“Ek het al op ’n jong ouderdom persoonlik die dood ervaar toe my pa in ’n motorfiets ongeluk oorlede is. Hy het ook, soos meeste mense, altyd gestreef om meer te bereik en om groter as sy omstandighede te word, maar die dood neem nie jou drome en begeertes in ag nie. Die skielikheid van sy dood het my laat besef hoe belangrik dit is om elke oomblik van jou lewe te koester en eerder te fokus op die nou, want dit is al wat ons het,” vertel Kirsten verder. 

Kirsten sê dat hy nodig gehad het om van al sy emosies rakende die dood en die impak wat dit het op verhoudings het, ontslae te raak en daarom die besluit geneem om dit op papier vas te vang. 

“Ek wil graag hê dat mense nie net my boodskap in my musiek moet raak sien nie, maar dat hulle dit ervaar in hul eie manier en die woorde ’n nuwe betekenis gee wat van toepassing is op hulle lewens.” 

Die boodskap agter die liedjie is iets waarmee meeste sal kan vergelyk. Almal is betrokke in verhoudings en ongelukkig het almal een of ander tyd te doen met die dood van ’n geliefde. 

KYK DIE MUSIEKVIDEO HIERONDER.

Show's Stories