Noot vir Noot: Totsiens Musiekfabriek-orkes, hello DJ Shelly

Noot vir Noot: Totsiens Musiekfabriek-orkes, hello DJ Shelly

SABC2 se musiekprogram, Noot vir Noot trek eersdaags 'n splinternuwe baadjie aan.

noot vir noot dj shelly
Johan Stemmet & Johan van Rensburg en DJ Shelly / Facebook.

Kykers van gewilde musiekprogram, 'Noot vir Noot' gaan nooit weer hul geliefde orkes, Die Musiekfabriek, op televisie sien nie.

LEES OOK: Emo Adams neem oor by Johan Stemmet as nuwe aanbieder van Noot vir Noot

In April het die nuus gebreek dat Emo Adams die splinternuwe aanbieder van 'Noot vir Noot' sal wees. Adams neem die leisels oor van Johan Stemmet wat die gewilde musiekprogram vir 29 jaar aangebied het. 

Die nuwe seisoen, wat Donderdag 15 Augustus afskop, spog ook met 'n moderne en kleurvolle nuwe stel. 

As deel van die program se transformasie was die stel herontwerp om nuwe opwindende tegnologie in te sluit. Onder andere, is daar 'n nuwe digitale grootskerm, waarop die speletjies gespeel word. Volgens die vervaardigers, beloof ddie nuwe stel om die gehoor en kykers lekker te laat saam speel. 

Nuwe 'Noot vir Noot'-stel

Totsiens Musiekfabriek-orkes

Hoewel die musikante van die Musiekfabriek-orkes nog almal deel is van die 'Noot vir Noot'-span, sal SABC2-kykers voortaan net platejoggie, DJ Shelly (Rochelle de Bruyn) van Kaapstad en die nuwe aanbieder, Emo Adams, sien. 

DJ Shelley is al vanaf 16-jarige ouderdom betrokke in die plattejoggie-bedryf en is tans 'n baie gewilde nagklub plattejoggie in die Moederstad.

"Die vars nuwe jong dinamiese musikant en pragtige mens wat saam met Emo die nuwe formaat van Augustus af gaan laat kook soos min," het Stemmet geskryf op Facebook oor DJ Shelly se insluiting in die program.

Die nuwe seison skop Donderdag, 15 August 2019 af met kunstenaars soos Snotkop, Refentse, Nádine, Jo Black, Kurt Darren, Nicholis Louw en vele meer.

Show's Stories