Reynardt Hugo se debuut-enkelsnit kry 'n musiekvideo - kyk dit hier!
Updated | By Persverklaring
Dié veelsydige ster se debuut-enkelsnit en musiekvideo , DIE RIVIER, is onlangs vrygestel en het soos ’n veldbrand op sosialemedia versprei.

Reynardt Hugo het beslis geen bekendstelling in vermaakkringe nodig nie. Hy kuier elke aand in sitkamers regoor die land, in die rol van dr. Tertius Jonker op die kykNET-sepie Binnelanders, en was tot onlangs nog deel van die gewilde mansgroep, ADAM.
KYK OOK: Watch Armand Joubert and Nic Billington's music video for 'Wish You Well'
DIE RIVIER is een van daardie liedjies wat onmiddellik jou aandag trek wanneer jy dit hoor, juis omdat dit so anders is, en jou sal uitnooi om saam te neurie om die maat van die motiverende ritme. Volgens Reynardt, sal oud en jonk daarby aanklank vind, omdat dit ’n verskillende betekenis vir elkeen kan inhou.
Hierdie inspirerende popsnit, wat hy saam met Abel Knobel en Sean Butler geskryf het, is vir die sanger baie persoonlik omdat sy eie struikelblokke en lewe die inspirasie was agter die betekenisvolle lirieke.
Dit gaan oor hoe ek myself moes vergewe vir goed wat ek in die verlede gedoen het en mense moes uitsny wat ’n slegte invloed op my gehad het.- Reynardt Hugo
Son Of Wolf Films was die kreatiewe brein agter hierdie besonderse projek wat in ’n teater in Centurion en ’n straat in Parkhurst afspeel. In die video sing Reynardtsy hart uit, terwyl hy op die verhoog is en in die straat loop.
“Baie mense leef met seer en het hulp nodig, maar weet nie hoe om daarvoor te vra nie. Ek hoop dat hierdie lied luisteraars sal help om hulleself en diegene rondom hulle weer te respekteer, want die lewe gaan oor meer as net seks, dwelms en rock ’n roll.”
KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:
Show's Stories
-
SA singer Roan Ash talks new music and Nashville inspiration
Singer-songwriter Roan Ash is living the dream in Nashville, one of the ...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago -
Prince Harry resigns from southern Africa charity
Prince Harry has quit as patron of a charity he founded in southern Afri...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago