'Straatligkinders' en 'Die Melktert Komissie'-sanger span kragte saam in nuwe musiekvideo
Updated | By Jacaranda FM
'Straatligkinders' het ’n splinternuwe musiekvideo vir hul nuutste enkelsnit 'Herinner' vrygestel. Lucinda Neethling van 'Die Melktert Komissie' op die liedjie, wat vanaf hul nuutste album, 'Verdyn' is wat einde 2018 bekendgestel is.

Lucinda Neethling van 'Die Melktert Komissie' op die liedjie, wat vanaf hul nuutste album, 'Verdyn' is wat einde 2018 bekendgestel is.
'HERINNER' is in Augustus 2018 geskryf en geïnspireer deur die oogpunt om ’n vroulike stem op die album te hê wat ’n ander storie vertel met betrekking tot verhoudings. Die liedjie vertel die storie van hoe belangrik kommunikasie en konflik binne verhoudings is.
Vir die laaste 10 jaar het 'STRAATLIGKINDERS' en 'Die Melktert Komissie' verskeie vertonings saam gedoen. 'Die Melktert Komissie' het al vele ikoniese en tydlose Afrikaanse liedjies geskryf en Lucinda was bo aan die groep se lys van mense met wie hul graag sou wou werk. Haar stem het ook bygedra tot die nostalgie element van al 'Straatligkinders' se nuwe werk.
LEES OOK: EKSKLUSIEF: Joe Foster verklap meer oor troue en nuwe musiek
Die musiekvideo is twee maande gelede geskiet by Hoërskool Randburg se Drama Departement. Mila Guy en haar span het die saal versier om soos ’n 80’s danspartytjie te lyk en die video is deur Werner Botha geskiet met Bouwer Bosch aan die stuur van regie.
KYK DIE SPLINTERNUWE MUSIEKVIDEO HIER:
Show's Stories
-
Time to get nostalgic and eat some breakfast cereal for dinner!
Only, this time, it's healthy and will make both you and your body happy!
Love Songs with Danny Painter 8 hours ago -
'What's Wrong With Glitter?' - Book for children to break queer stereotypes
Two best friends and authors published a book for children to encourage ...
The Scenic Drive with Rian 9 hours ago