'7de Laan' se David Rees uit waakeenheid na hartaanval

'7de Laan' se David Rees uit waakeenheid na hartaanval

David Rees, wat die rol van 'Chris Welman' in '7de Laan' vertolk, is na 'n week en 'n half in die waakeenheid van die Milpark-hospitaal in Johannesburg na die hoësorgeenheid oorgeplaas. 

Akteur David Rees kritiek
Verskaf/7de Laan

David Rees, wat die rol van 'Chris Welman' in die gewilde sepie, '7de Laan' vertolk, het 'n dubbele hartomleiding gehad nadat hy 'n hartaanval gehad het. 

"Die hartaanval het skielik gebeur en dokters kon vasstel dat hy 'n erge arteriële blokkasie gehad het. Die gevolg was 'n dubbele hartomleiding Maandag," voeg sy suster Monique Buttle gesê.

Buttle was nie teenwoordig toe David die hartaanval gekry het nie, hy was saam met vriende. 

"Hulle het onmiddelik die ambulans en vir my geskakel. Almal was geweldig geskok."

Buttle is steeds getraumatiseerd deur die gebeure en ervaar 'n beklemming elke keer as haar foon lui.

Sy agent, Corlia Strauss, het Donderdag bevestig dat die geliefde akteur van die waakeenheid na die hoësorgeenheid oorgeplaas is. 

Volgens Strauss, maak hy goeie vordering.

Rees behoort nie aan 'n mediese fonds nie en die onverwagse gebeurtenis het 'n emosionele en geldelike las op die Rees-familie geplaas. 

Om by te dra tot die fonds, volg die Back a Buddy-skakel of stuur 'n e-pos na [email protected]  

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories