Aktrise Juanita de Villiers verwag eersteling

Aktrise Juanita de Villiers verwag eersteling

Aktrise Juanita de Villiers en haar regisseur man André Velts verwag hul eersteling - foto hieronder.

Juanita de Villiers
Instagram/ Juanita de Villiers Foto/ Willem Botha

Op Donderdagoggend het Juanita de Villiers aangekondig dat sy haar eersteling verwag. 

Die gewilde 'Getroud Met Rugby'-aktrise het op haar persoonlike Instagram-blad 'n foto van haar hondjie gedeel - waar sy die opwindende nuus gedeel het. 

LEES: Akteur Stian Bam vind liefde

"Dit voel amper nie reg om hierdie wonderlike nuus te deel in ’n tyd wat ons land/wêreld deur sulke moeilike omstandighede gaan nie. Die wete dat ons dit nie meer vir ons self doen nie, dra ons deur hierdie tyd en ons hoop dit bring darem ’n warm glimlag vir die res van ons familie en vriende," deel Juanita op Instagram.

Juanita voeg by, "Ek en Andre is wel baie opgewonde om hierdie nuwe avontuur aan te pak en dat ons die nuus uiteindelik met almal kan deel. En ons klein model, LillyBell was so geduldig met die foto-nemery! Sy steel die show."

KYK DIE OULIKE FOTO HIER:

Baie geluk Juanita en André!

Show's Stories