Akteur Stian Bam vind liefde

Akteur Stian Bam vind liefde

“Jou empatie maak my nederig, jou passie en lewenslus gee my krag. Ek het jou lief," so skryf Stian Bam op Facebook vir sy kêrel Handré Basson. 

Stian Bam
Facebook: Handré Basson/ Die pragtige profielfoto op Handré Basson se Facebook-blad van hom en akteur Stian Bam

Die bekende en talentvolle Afrikaanse akteur Stian Bam het Vrydag op Facebook 'n inskrywing gedeel oor die nuwe liefde in sy lewe.

Dié bekroonde akteur, het op Facebook onthul dat hy in 'n verhouding is met Handré Basson, 'n 23-jarige student van Stellenbosch. 

LEES: EKSKLUSIEF: 'Villa Rosa'-ster Therese Bam terug in sepie na 6 jaar!

"Tien maande gelede het ek en jy wortel geskiet. ‘n Toevallig ontmoeting as gevolg van ‘n Duitse Wespe. En ons lewens het ingrypend verander. Ons reaksies op mekaar was onmiddellik. Ek wou daarteen baklei, myself verset en dit ontken, soos soveel keer van tevore, maar ek kon dit nie regkry nie," so skryf Stian Bam op Facebook.

Volgens Handré se Facebook-profiel, is hy 'n Matie-student en navorser by die Lepidopterists Society of Africa - wat skoenlappers en motte navors. Sy profielfoto is 'n wit-en-wart foto van hom en Stian.

LEES: MOET-KYK: Dít is wat die Glam Guru doen gedurende isolasie in sy spoghuis

"Jy het my opgekapte dele bymekaar gaan maak en my tot die lewe geroep. En daarvoor sal ek jou altyd dankbaar wees,"  skryf Stian Bam. 

"Ek het jou lief. Ek het jou lief. Ek het jou lief," skryf hy verder. 

Kyk hier na die volledige inskrywing: 
Baie geluk Stian en Handré!

Show's Stories