"Dit is altyd lekker om terug te wees" - Nadia Valvekens gesels oor haar terugkeer na 'Binnelanders'

"Dit is altyd lekker om terug te wees" - Nadia Valvekens gesels oor haar terugkeer na 'Binnelanders'

Nadia Valvekens of beter bekend as Pippa is weer te sien in die gewilde sepie 'Binnelanders' met nog méér drama - en sy het met Dean Paulse gesels. 

Nadia Valvekens Binnelanders
Instagram/ Binnelanders

Nadia Valvekens is een van Suid-Afrika se mees geliefde aktrises. Haar rol as Pippa in die gewilde kykNET-sepie 'Binnelanders' het van haar 'n huishoudelike naam genaam. 

Vir 13 jaar was Pippa Malherbe deel van ons lewens. 

LEES: EKSKLUSIEF: 'Villa Rosa'-ster Therese Bam terug in sepie na 6 jaar!

Nadia of eerder Pippa is tans weer te sien in 'Binnelanders' en al die drama maak kykers onrustig.  Nadia het met Jacaranda FM se Dean Paulse gesels oor haar geliefde rol, die vinnige terugkeer en nog vele meer.

 Jy het Binnelanders na 13 jaar gegroet – hoe voel dit om weer terug te wees?

Dit is lank terug geskiet – maar dit was lekker. Baie dinge het verander en daar is nuwe gesigte. Maar dit is altyd lekker om terug te wees en om ou gesigte te sien. 

 Wat het jy die meeste gemis van 'Binnelanders'? 

Om eerlik te wees, na 13 jaar was dit ‘n wonderlike platform. Ek kan nou my vlerke spry. Ek doen nou teater en ook ‘n reeks vir Netwerk24. Ek het ook ‘Alles Malan’ gedoen. So, ek is die heeltyd besig en daar is werklik nou geen tyd om dit te mis nie. Maar dit was bitter lekker om terug te wees.

 Vir hoelank is jy in Binnelanders? En wat kan kykers nog verwag? 

Almal móét net aanhou kyk, lag sy. 

Hoekom is Pippa so geliefd en dink jy kykers sal óóit genoeg kry van Pippa? 

Pippa is relatable. Sy is ‘n ma, dogter, the girl next door, sy is baie sterk en warm. Mense sal altyd met haar vereenselwig. 

Jou seun, Dian, in die sepie, is tans vermis – wat het jy geleer uit dit en wat is jou boodskap aan ouers? 

Ons lewe in ‘n tydperk waar ons almal moet bewus wees van dinge. Ek het nie kinders van my eie nie, so ek kan nie regtig my opinie lewer nie. Ek het met my vriende gesels en ek kom agter dat die internet is baie gevaarlik vir kinders. Ons moet nooit te gemaklik te wees nie.

Show's Stories