‘Binnelanders’ wen prys vir beste sepie

‘Binnelanders’ wen prys vir beste sepie

Die toekennigs vier prestasies in die volgende kategorieë; akteurs, regisseurs, skrywers, grimeerkunstenaars, kostuumontwerpers en vervaardigers. 

binnelanders
Facebook.

Dié geleentheid is Saterdag op SABC 1 uitgesaai met die komediant Mpho Popps en televisieaanbieder Lerato Kganyago as seremoniemeesters.

LEES OOK: Former 'Binnelanders' actress Sandi Schultz excited about new crime series 'Trackers'

kykNET se gewilde sepie, 'Binnelanders' is as beste sepie by die Royalty Soapie-toekenningsaand aangewys. SABC 2 se '7de Laan', wat vanjaar 20 jaar op die kassie is, is in vyf kategorieë benoem is. 

Die akteur Dirk Stoltz het met 'n gesogte trofee weggestap toe hy as die grootste skurk aangewys is vir sy rol as DeWet Basson.

Die dokumentêre rolprentmaker, Angus Gibson het ’n eerbewys vir lewenslange bydrae gekry.

A legend in the industry and revered by many. Angus has worked tirelessly to uplift and develop the local soapie landscape. #RSA20

Posted by Royalty Soapie Awards on Saturday, 26 September 2020

Die res van die wenners is: 

Beste redigeringspan: Isibaya 

Beste beligting: The Queen 

Beste kunsregie: Getroud met rugby 

Beste regisseurspan: Gomora 

Beste hare en grimering: The River 

Beste uitrustings: The Queen 

Beste skryfspan: Skeem saam 

Gewildste sepie van die jaar (publieke stem): Gomora 

Beste manlike byspeler: Sthembiso Khoza as Shaka Khoza in The Queen 

Beste vroulike byspeler: Sannah Mchunu as Zodwa in Gomora

Beste nuweling: Sicelo Buthelezi as Teddy in Gomora 

Beste paartjie in ’n sepie: Sindi Dlathu en Hlomla Dandala as Lindiwe & Zweli in The River.

Beste akteur: Presley Chweneyagae as Cobra in The River

Beste aktrise: Dawn Thandeka King as MaNgcobo in Uzalo 

Beste manlike booswig: Dirk Stoltz as DeWet Basson in 7de Laan

Beste vroulike booswig: Sindi Dlathu as Lindiwe in The River

Beste sepie: Binnelanders

Show's Stories