Bobby van Jaarsveld terug op die planke
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Bobby van Jaarsveld het bevestig dat hy binnekort weer terug op die verhoog is in Josef: Droomkind.

"Droomkind: Die storie van Josef" het reeds gehore in Pretoria betower met sy hedendaagse konteks, snaakse lyne en uitmuntende akteurs.
Vroer die maand het aktrise, Marlee van der Merwe en akteur Zak Hendrikz fotos op sosiale media gedeel wat dit duidelik maak dat dié produksie eersdaags weer te sien sal wees.
"Ja, ek is besig met rehearsals wanneer ons tyd kry tussen The Voice opnames - maar ons almla ken mos reeds die stuk," Het Bobby aan MorneJK gesê.

Bobby het in 2014 die rol aangepak en voor uitverkoopte gehore sy staal weereens gewys as akteur.
Droomkind: Die storie van Josef is wel 'n Bybelse verhaal maar die vervaardigers het dit reggekry om die storie te vertel in 'n hedendaagse, eg Suid-Afrikaanse konteks wat gehore laat skater van die lag maar ook laat gryp na die "tissues."
Show's Stories
-
Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar aantreklike man, Ha...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 19 hours ago -
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
If you are bored of eating normal pap, here is a new recipe for you to try.
The Drive with Rob & Roz 1 day, 20 hours ago