Bouwer Bosch terug met 'n nuwe enkelsnit

Bouwer Bosch terug met 'n nuwe enkelsnit

Afrikaanse akteur, liedjieskrywer en sanger, Bouwer Bosch is terug met 'n splinternuwe album, en het pas die tweede enkelsnit, Pleidooi bekend gestel.

Bouwer Bosch
Supplied

Die veelsydige kunstenaar se musiekstyl is uniek en kenmerkend en die nuwe enkelsnit Pleidooi is 'n alternatiewe pop-liedjie wat deur Bouwer, Almero Welgemoed, William Loots, Matthieu Auriacombe en Peach van Pletzen geskryf en verwerk is.

 

Pleidooi is  'n samevatting van hartroerende lirieke en unieke elektroniese klanke.

 

"Die song is oor daai een persoon wie se liefde jy nie verdien nie. Die Liefde is 'n komplekse ding wat ons almal ervaar en die song lig dit uit," meen Bosch.


ALSO READ: Elvis Blue toets sy musiek op sy "girls"

Hy sê dat hy voortdurend iets nuuts probeer en dat die nuwe liedjie geen koor gedeelte bevat nie.

 

"Ek wou myself uit my comfort zone uithaal en bietjie iets nuuts probeer," sê hy.

 

Bouwer se nuwe album, Hopelik sal binnekort die rakke tref met splinternuwe elektroniese klanke wat jou op jou voete sal hê.

 

"Die oorhoofse boodskap op hierdie album is een van hoop. Dit gaan oor hoe mens so maklik jou drome in iemand anders se hande plaas en nie self werk om dit te bewaarheid nie." sê Bosch.

 

Oor sy loopbaan tot dusvêr sê Bouwer dat hy geleer het om dinge stadig te vat want goeie goed vat tyd en harde werk.

 

"Hierdie is net die begin want die beste kom nie," sê hy.

Show's Stories