Elvis Blue toets sy musiek op sy "girls"

Elvis Blue toets sy musiek op sy "girls"

Afrikaanse sanger, Elvis Blue, stel eersdaags sy nuwe album, Die Brug, bekend en hy het erken dat hy sy nuwe liedjies eers vir sy vrou en dogter speel, voor hy dit op 'n album sit.

Elvis Blue
Supplied

"Vir die laaste twee jaar speel ek eers my nuwe songs vir my twee girls by die huis en hulle freak uit daaroor," sê Elvis.

 

Die lang verwagte tweede Afrikaanse oplewering sal aan die einde van April die rakke tref. Elvis Blue is baie opgewonde om te hoor wat sy aanhangers van die nuwe materiaal dink.

 

"Die Brug is 'n album wat ek al jare lank wou maak. Ek wou bitter graag met die vrystelling iets aanbied wat eg Afrikaans klink, musiek wat my herhinner aan waar ek vandaan kom," sê hy.


LEES OOK: Nuwe musiekvideo vir Kaleidoskoop

Dié vrystelling is sy eerste vollengte Afrikaanse album na Êrens In Die Middel Van Nêrens wat hy in 2015 vrygestel het.

 

Elvis het defintief nie die pas tussen sy opnames laat vertraag nie. Tussen vertonings en familie lewe het hy ook tyd gevind om die nuwe album bymekaar te sit.

"Musiek trek 'n mens in. Dit bou dikwels 'n brug tussen verskillende idees, sienswyses en klanke. As kind het ek begin musiek maak aangesien musiek my só laat voel het. Dit was sonder twyfel vir my soos 'n brug na 'n ander wêreld," vertel hy.

 

Hy voer ook aan dat dit sy hartswens is dat mense 'n klein stukkie van "sy wereld" deur musiek kan ervaar.

Show's Stories