Nuwe musiekvideo vir Kaleidoskoop

Nuwe musiekvideo vir Kaleidoskoop

Die musiekvideo vir die enkelsnit van die Huisgenoot Tempo-bekroonde sangpaar Kaleidoskoop, Wegbreek, is pas bekendgestel.

Kaleidoskoop
YouTube

Die musiekvideo neem aanhangers op 'n prettige agter-die-skerms-avontuur, wat nie net 'n fees is vir die oog nie, maar ook vir die oor. 

 

Net soos wat die pragtige kleure en vorms van 'n Kaleidoskoop 'n baie spesiale bekoring inhou, net so het hierdie talentvolle akoestiese musiekgroep - met dieselfde naam - dit reggekry om die afgelope tien jaar die harte van musiekliefhebbers regoor die land te verower.

 

Wegbreek wat aan einde van 2016 bekendgestel is, is die eerste enkelsnitvrystelling vanaf hulle nuwe album, Gunsteling Seisoen, wat in Maart 2017 uitgereik word. 


LEES OOK: Karlien van Jaarsveld sing vir liefde


Hierdie album word beskou as 'n viering van die groep se suksesvolle dekade in die musiekbedryf.

Volgens die groep, was die verfilmingsproses 'n avontuur op sy eie. 

 

"Jouba het amper van sy perd af geval toe sy saal losgekom het in Moolmanshoek, ons moes in die winter maak asof ons koue plaasdamme en bergriviere geniet en een van die houtpanele by die studio-opname het amper op ons koppe geval, maar dit was baie pret," verklap hulle.

Show's Stories