Brendan Peyper se nuwe album is hier en "hy loop oop!"

Brendan Peyper se nuwe album is hier en "hy loop oop!"

Brendan Peyper se splinternuwe album, "Hy loop oop"  is een wat pols met lekkerkry en die veelsydeige kunstenaar bied 15 uitsoeksnitte met 'n bietjie meer oemf.

Brendan Peyper
Supplied

Brendan het landswyd opslae gemaak en aanhangers se knieë lam gehad met sy energiebelaaide ritmes en countryklanke met 'n sterk akoestiese ondertoon.


Die "spiertier" werk al seder laat verlede jaar aan sy nuwe album waarop 15 splinternuwe uitsoeksnitte verskyn waarvan hy sommiges self geskryf het.


Sy nuwe album bied meer elektro-elemente saam met sy kenmerkende klanke van kitaar, drom, klawers, banjo en bekfluitjie. 


LEES OOK: Brendan Peyper se nuwe enkelsnit


Hy het vroer aan Jacaranda FM News vertel dat hy gegroei het oor die afgelope jaar en dat sy nuwe musiek sal getuig van hierdie persoonlike groei.


Brendan het ook 'n paar herverwerkte weergawes soos Laurika Rauch se "Stille waters" die "Province Medley" en "Suikerbos" op die nuwe album ingesluit.


Die titelsnit stel die kernboodskap van dié album baie mooi duidelik: "Draai die krane oop, laat waai, dis heuning laat hom loop!"


Luister na die eerste enkelsnit van die nuwe album, Twee Is Beter As Een:

Show's Stories