Chanelle de Jager: Só het ek onder 'Dina én Ronel' se velle gekruip

Chanelle de Jager: Só het ek onder 'Dina én Ronel' se velle gekruip

Chanelle de Jager het in 2001 haar debuut op kykNET as die geliefde Des du Pont in 'Egoligemaak. Sedertdien was sy in verskeie rolprente en reekse en in 2020 het kykers haar leer ken as adjudant-offisier Ronel Oosthuizen in 'Projek Dina'. In die derde seisoen – wat Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word – is sy egter ook te sien as 'Rone'l se tweelingsuster, 'Dina'.

Chanelle de Jager
Verskaf/ kykNET

Wat was die grootste uitdaging om Ronel én Dina te speel?

Daar was bitter baie kostuum- en grimeringveranderinge wat baie vinnig moes gebeur. Maar gelukkig het ek 'n wonderlike span gehad wat my deur die proses gedra het. Die honderde bladsye dialoog was ook 'n uitdaging om te leer.

Het jy vir hulle elkeen ’n persona geskep? Is daar, behalwe natuurlik wat hulle onderskeidelik deurgemaak het, enige groot verskille in hoe jy hulle speel?

Dina se innerlike reis is baie donker, waar Ronel nou weer na die lig soek. Dina se lyftaal is seer en bang, terwyl Ronel meer ruggraat het. Dit het baie energie en fokus geneem om daagliks tussen die twee te verander. Dina maak nie sommer oogkontak nie, terwyl Ronel amper deur mens se siel staar. 

Daar is tonele waar hulle saam op skerm is. Hoe is dit gedoen of is dit 'n geheim?

Ons het 'n body double op stel gehad wat ingestaan het. Dit is tegnies baie ingewikkeld. Liezl Spies, die regisseur, het haar baie goed van haar taak gekwyt. Dit lyk ongeforseerd en natuurlik op skerm. 

Wat maak die derde seisoen van 'Projek Dina' anders as die ander? Het Laudo Liebenberg in die rol van Zander Marais 'n ander dinamika gebring?

Laudo het baie nuwe energie in die reeks geblaas. Die eksentrieke kaptein van die taakspan het ’n vars aanslag en kykers geniet hom ook baie.

Wat was vir jou die hoogtepunt om teenoor hom te speel?

Ons het baie lekker gelag. Laudo het 'n skerp sin vir humor. 

Is jy, Chumani Pan (Lux Dladla) en Kay Smith (Charlie Botha) al soos familie?

Ja! Ons is nog gereeld in kontak met mekaar en is altyd baie bly om mekaar te sien. 

Watter raad sal jy aan jong Chanelle gee?

Moenie jouself te ernstig opneem nie. Daar is 'n lewe om te leef daar buite.

Jy het in 2017 'n rol in die internasionale trefferreeks 'Outlander' gespeel. Wat onthou jy van die ervaring?

Catriona Balfe, wat die vroulike hoofrol van Claire Fraser vertolk, was bitter gaaf en ons het baie lekker saam gespeel. Dit was ook grootliks baie opwindend om by Cape Town Studios op een van die groot skepe te werk. 

Waar dink jy is Des du Pont deesdae?

Jong, sy is seker êrens in Las Vegas ... met ’n tequila in die hand en ’n mooi man aan haar sy. 

Wat is jou planne vir die res van die jaar?

My tuin. Ek het vyf jaar gelede Kalahari toe getrek en ons tuin was net sand en klippe. Ek wil my tuin my trots maak.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories