Charlize Berg maak gereed vir haar groot dag

Charlize Berg maak gereed vir haar groot dag

Afrikaanse sangeres Charlize Berg gaan binnekort voor die kansel staan saam met haar verloofde, Warren Linden.

Charlize and Warren Linden.JPG
Facebook

Alhoewel die paartjie nie 'n woord rep oor die presiese datum nie, het Charlize die afgelope week fotos van haarself op sosiale media gelaai waar sy gereed maak vir haar groot dag.


Charlize her vroeër die jaar bevestig dat sy in April afhaak, maar wou nie 'n datum bevestig nie.


LEES OOK: Wie is Charlize Berg se verloofde nou eintlik?


Haar strooimeisies het verlede maand vir haar 'n kombuistee en henneparty gehou. 


In die fotos is dit duidelik dat die henneparty groot pret was, met Charlize wat 'n hooftooisel van blomme gedra het.


Sy en haar familie het pas die eerste reeks van hul realiteitsreeks Die Bergs verfilm en haar troue sal in alle waarskynlikheid deel uitmaak van die reeks.

Charlize Berg and mom.JPG
Facebook
Charlize kitchen tea.JPG
Facebook
charlize dress.JPG

Show's Stories