Charlize Berg stel nuwe musiekvideo bekend
Updated | By MorneJK
Afrikaanse sangeres, Charlize Berg se splinternuwe album, As Jy Weet Dis Liefde, is pas bekendgestel en daarmee saam haar musiekvideo vir Braaf.

Charlize het saam met bekende liedjieskrywers soos Vaughan Gardiner, Johan Oberholzer, Roux Cloete, Bouwer Bosch, Joe Foster en Johan C Venter gewerk aan die album.
Met 'n vars aanslaag en vars nuwe internasionale klank in Afrikaans heers daar groot opgewondenheid oor haar nuwe album.
Charlize is opgewonde oor haar nuwe album en was deel van die skryfproses asook die kies van elke liedjie, “Dit beteken vir my so baie om iets persoonliks te gee. Ek deel graag ’n stukkie van my hart” sê Charlize.
Volgens haar kan bewonderaars beslis ’n unieke album verwag, van saamsing-liedjies tot danstreffers en ballades.
“Die album is geïnspireer deur liefde. Om jouself op te tel na hartbreek of om by ’n punt te kom in jou lewe waar liefde jou altyd sal inspireer om onvoorwaardelik jouself te kan wees.”
Charlize het in 2014 twee SAMA-nominasies ontvang as Vroulike Kunstenaar van die Jaar en Beste Pop Album vir haar album, Charlize Berg.
In 2013, het sy ’n Rapport/Vonk-toekenning ontvang as Suid-Afrika se blinkste musiekvonds.
- Press Release
Show's Stories
-
LISTEN: Widow's new partner upset about old wedding ring
There is no one-size-fits-all when it comes to navigating grief.
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
WATCH: Wimbledon champion shares sweet moment with young royals
Which is rarer: meeting a Wimbledon winner or a British Royal family mem...
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago