Clare Wiese-Wentzel deel opwindende nuus

Clare Wiese-Wentzel deel opwindende nuus

Entrepreneur, TV-persoonlikheid en dogter van Christo Wiese, Clare Wiese-Wentzel, het onlangs opwindende nuus op sosiale media gedeel. 

Clare Wiese-Wentzel
Instagram/ Clare Wiese-Wentzel

Clare Wiese-Wentzel is bekend vir haar bekende kykNET-mooimaakreeks, 'Mooimaak', wat mense help met 'n radikale voorkoms- en leefstyl verandering. 

LEES: 'Die Real Housewives van Pretoria' verklap al reeds geheime

Sy is veral bekend omdat sy die dogter van sakeman en biljoenêr, Christo Wiese is.

Donderdag, 13 Oktober, het Clare Wiese-Wentzel spesiale nuus op Instagram gedeel - en genoem dat sy swanger is. 

LEES: Jacaranda FM ontmoet die eerste 'Plaasjapie'-wenner

"Eendag (dalk binnekort, dalk later) sal ek my baie lang en moeilike reis (ek kon eerlikwaar 'n boek skryf) deel tot waar ek vandag is: 20 weke swanger met ons kosbare eerste baba. Al wat ek vir eers sal sê vir enige iemand wat 'n soortgelyke berg in die gesig staar en nie weet hoe hulle ooit die toppunt sal bereik nie, is: die beste uitsig kom ná die moeilikste klim. Hou aan," het Wiese geskryf.

Wiese-Wentzel is al sedert 2016 met die voormalige Springbok Marco Wentzel getroud. 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories