Clare Wiese-Wentzel deel opwindende nuus
Updated | By Jacaranda FM
Entrepreneur, TV-persoonlikheid en dogter van Christo Wiese, Clare Wiese-Wentzel, het onlangs opwindende nuus op sosiale media gedeel.
Clare Wiese-Wentzel is bekend vir haar bekende kykNET-mooimaakreeks, 'Mooimaak', wat mense help met 'n radikale voorkoms- en leefstyl verandering.
LEES: 'Die Real Housewives van Pretoria' verklap al reeds geheime
Sy is veral bekend omdat sy die dogter van sakeman en biljoenêr, Christo Wiese is.
Donderdag, 13 Oktober, het Clare Wiese-Wentzel spesiale nuus op Instagram gedeel - en genoem dat sy swanger is.
LEES: Jacaranda FM ontmoet die eerste 'Plaasjapie'-wenner
"Eendag (dalk binnekort, dalk later) sal ek my baie lang en moeilike reis (ek kon eerlikwaar 'n boek skryf) deel tot waar ek vandag is: 20 weke swanger met ons kosbare eerste baba. Al wat ek vir eers sal sê vir enige iemand wat 'n soortgelyke berg in die gesig staar en nie weet hoe hulle ooit die toppunt sal bereik nie, is: die beste uitsig kom ná die moeilikste klim. Hou aan," het Wiese geskryf.
Wiese-Wentzel is al sedert 2016 met die voormalige Springbok Marco Wentzel getroud.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Would Geordin Hill-Lewis want to stay on as Cape Town mayor if elected DA leader?
In a recent conversation on Breakfast with Martin Bester, Geordin Hill-L...
Breakfast with Martin Bester 13 hours ago -
"Producers are scared to talk and scared to speak out," says South African journalist
TV and film journalist Thinus Ferreira spoke to The Drive with Rob and R...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 4 hours ago