Jacaranda FM ontmoet die eerste 'Plaasjapie'-wenner

Jacaranda FM ontmoet die eerste 'Plaasjapie'-wenner

Dian Louw van Pretoria was Donderdagaand aangekondig as die eerste 'Plaasjapie' wenner! Rob Forbes en Rozanne McKenzie het met hom gesels oor sy ervaring en dié R1-miljoen seprysgeld. 

Dian Louw
Jacaranda FM

In die finale episode, het Dian Louw (30) teen Stefan Botha (24) te staan gekom. Hulle het voor verskeie uitdagings te staan gekom wat gebaseer was op dit wat hulle tydens die verloop van die reeks geleer het. 

LEES: 'Ek voel só geseënd' - Aktrise Mila Guy is verloof!

Hulle was nie heeltemal aan die genade uitgelewer nie, want Dian en Stefan het elkeen die hulp van drie Plaasjapiedeelnemers wat reeds uitgestem is, gehad om hul oor die laaste paar driwwe te help. 

Dian was meer suksesvol met die uitdagings wat onder meer draadspan en die aanjaag van skape ingesluit het. Só het hy bewys hy is inderdaad sy sout werd om die waardige wenner van 'Plaasjapie' te wees. 

LEES: 'Dit is oorweldigend' - Stadsjapie van Pretoria word ’n miljoenêr

En die R1-miljoen-prysgeld het aan Dian gegaan ,’n kunstenaar en galery-eienaar, van Pretoria.  

Dian glo sy goeie menseverhoudings en die feit dat hy net homself tydens die reeks was, het hom gehelp het om ver in die reeks te vorder. 

LEES: Altus Theart en Nadia Valvekens gesels oor dié opwindende nuwe telenovelle

"Ek is maar bietjie van ’n introvert, wat beteken ek sukkel in ’n groot groep. Daarom het ek met die ander deelnemers individuele bande gesmee om só op ’n dieper vlak met elkeen te connect," sê hy. 

“Ek het ook flippen hard gewerk en ek het alles gedoen om my plek op die plaas te verdien sodat niemand die vinger kon wys dat ek lyf wegsteek nie. Ook het die aantal kere wat ek kaptein moes wees, my buite my gemaksone geplaas. Ek moes leiding neem deur koelkop te bly en het my spanmaats se sterkste punte geïdentifiseer om dit tot voordeel van almal aan te wend,” verduidelik Dian. 

Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories