'Ek voel só geseënd' - Aktrise Mila Guy is verloof!

'Ek voel só geseënd' - Aktrise Mila Guy is verloof!

Mila Guy en Bennie Fourie is verloof en hulle het foto's van dié spesiale oomblik op sosiale media gedeel. 

Mila Guy en Bennie Fourie
Instagram/ Bennie Fourie

Die aktrise Mila Guy wat die rolle van Chloë Evans in 'Legacy' en Zanel 'Zee' Jordan in 'Binnelanders' vertolk is verloof. 

LEES: Rozanne McKenzie deel wenke oor swangerskap in nuwe TV-reeks

Guy en akteur Bennie Fourie het hul liefde vir mekaar vroeër die jaar op Instagram bekend gemaak. 

Die nuus het duisende aanhangers verras, omdat Guy so privaat is. 

LEES: Altus Theart en Nadia Valvekens gesels oor dié opwindende nuwe telenovelle

Hulle het saam op stel vir die reeks, 'Hotel' gewerk, waarin sy die rol van Malanie Schmidt vertolk het en hy die rol van Dodgy Mike vertolk het. 

Fourie was ook een van die skrywers van die reeks.

En nou is die akteurspaar verloof! 

LEES: Dié gewilde 'Binnelanders'-akteur word pa!

"Hierdie is my Bennie, gister oggend was hy nog my kêrel en nou is hy my verloofde. Die Here is ongelooflik en ek

voel so geseënd om die res van die hoofstukke saam met die liefde van my lewe en Jesus te stap."

Guy het foto's van die spesiale oomblik op sosiale media gedeel. 

Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories