Die Le Roux-familie wen die eerste seisoen van 'Kwarantyn'

Die Le Roux-familie wen die eerste seisoen van 'Kwarantyn'

Op Woensdag 29 Julie, in die naelbytfinaal van kykNET se realiteitsprogram, 'Kwarantyn', is die Le Roux-familie as die wenners van die eerste seisoen aangewys. 

Kwarantyn: Die Le Roux-familie
Verskaf/ kykNET

Die Le Roux-familie, wat bestaan uit Braam, Manie, Lisa, Adriaan en Heinrich, was oorstelp toe Die Opsigter, Ferdinand Rabie, aankondig dat hulle gekroon word as die wenners van 'Kwarantyn'. Hulle stap weg met ‘n kontantprys van R250 000.

Kykers het weekliks die geleentheid gehad om vir hul gunsteling familie te stem. Al die stemme oor die afgelope paar weke is bymekaar getel en sò is dit bepaal dat die Le Roux-familie die meeste stemme gekry het.

LEES: 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder Marciel Hopkins is verloof

Die afgelope twee maande het die Le Roux- en Scheepers-families kykers 24 uur ‘n dag, sewe dae van die week op die opwipkanaal vir 'Kwarantyn', DStv-kanaal 148 vermaak. Van kosuitdagings, kunsprojekte en vroegoggend oefensessies tot karaoke, saamkuier en besoeke deur bekende persoonlikhede – daar was nie ‘n vervelige oomblik op 'Kwarantyn' nie.

Kwarantyn: Die Le Roux-familie
Verskaf/ kykNET

Beide families stem saam dat 'Kwarantyn' al hul verwagtinge oortref het – dit was ‘n groter uitdaging as wat hulle ooit sou dink het. 

Alhoewel die Scheepers-familie nie gewen het nie, stap hulle nie met leë hande weg nie – Caryn wen die prys vir die deelnemer wat die eerlikste en opregste was en ontvang R10 000 kontant. Dié prys word toegeken deur die 'Kwarantyn'-span wat die twee families die afgelope twee maande 24/7 dopgehou het. Die Le Roux-familie en Scheepers-familie het deur die loop van die reeks onderskeidelik R41 000 en R40 000 in geskenkbewyse ontvang.

Dan wag daar ook ‘n verrassing op die Scheepers-familie – die kunswerke wat die afgelope week deur die twee families gemaak is, is op veiling geplaas en R156 000 is op dié manier bymekaar gemaak. Die geld word aan die Scheepers-familie geskenk.

Kwarantyn: Die Scheepers-familie
Verskaf/ kykNET

Emo Adams het ook aangebied om Austin te help om sy eerste aanlynoptrede te vervaardig en sal hom ook verder met ‘n moontlike sangloopbaan ondersteun. Kyk hier toe Emo vir Austin gebel het.

Show's Stories