Die nuwe boek waaroor almal praat, 'Dangerous', deur Erik Kruger, is eindelik hier!

Die nuwe boek waaroor almal praat, 'Dangerous', deur Erik Kruger, is eindelik hier!

Hierdie boek se tydsberekening kon nie beter wees nie, veral met die aanslae en uitdagings wat suid-afrikaners tans beleef en nooi jou uit om uit oorlewingsmodus te tree en ‘n meer formidabele weergawe van jouself te wees.

Erik Kruger
Supplied

Die realiteit van die lewe is dat jy nie van bedreigings kan ontsnap nie; bedreigings vir jou besigheid, jou verhoudings, jou potensiaal en jou gesondheid. Trouens word alles wat jy liefhet bedreig. Die vraag is, wat gaan jy daaromtrent doen? “Ons word almal voortdurend bedreig. Dit mag dalk morbied klink, maar in werklikheid is dit ’n uitnodiging om ’n beter weergawe van jou te word,” sê Erik Kruger, ’n internasionale spreker en die skrywer van die nuwe lewensveranderende boek, 'Dangerous', waaroor almal tans praat.

READ: 'Dangerous' by Erik Kruger is an invitation to become better, stronger, and faster

“Hoe jy jouself leer om op dreigemente te reageer, bepaal die verloop van jou lewe. As jy kragloos, energieloos en willoos reageer, sal jy heel waarskynlik op ’n bekende plek beland – oorlewingsmodus. Baie van ons ken hierdie ruimte alte goed. Ek het saam met ongelooflike sakeleiers, sportmanne en sportvroue, professionele persone en leiers in hul velde gewerk en almal – selfs die suksesvolstes onder ons – beland een of ander tyd in oorlewingsmodus,” gaan hy voort.

Hy verduidelik dat oorlewingsmodus ’n fisiese plek en toestand van bestaan is. Dit begin soms binne en vloei dan uit na die oppervlak, of andersom. Volgens Erik kan jy nie altyd uit ’n oppervlakkige waarneming aan die buitekant sê of iemand in oorlewingsmodus is of nie. Dit kan die entrepreneur wees wie se besigheid in die spervuur is, die enkelma wat op die punt staan om haar werk te verloor, die uitvoerende hoof met die florerende besigheid wie se lewe uitmekaar val. Dit kan met enigeen van ons gebeur.

In 'Dangerous', wat nou in gedrukte en digitale formaat beskikbaar is, verduidelik Erik die verskil tussen diegene wat gevaarlik en diegene wat skadeloos is. Hoe dit gebeur dat ons onskadelik en oneffektief raak teen die bedreigings wat ons in die gesig staar, en sodoende – teruggetrokke en broos – in oorlewingsmodus beland. Hy verduidelik die drie verskillende toestande waarin jy op enige tydstip kan bestaan, onskadelik, gevaarlik of roekeloos.

“Ons word baiekeer in ’n hoek gedryf deur dit wat rondom ons gebeur. Dan verval ons in ’n oorlewingsmodus en word dit die manier waarop ons die wêreld benader. Ons verloor ons dryfkrag, veggees en motivering. Maar soos Seth Godin sou sê – is dit nie genoeg om net te oorleef nie,” deel hy oor die inspirasie agter sy nuutste boek.  

In 'Dangerous;' deel hy – deur middel van kort insiggewende brokkies, wat versamel is uit neuro-wetenskappe, afrigtingsriglyne en kontak met uitsonderlike sakeleiers – hoe jy ’n bedreiging kan word vir dit wat jou bedreig. Aangesien hy glo dat aanpasbaarheid ’n vaardigheid is wat gekweek en gebruik moet word soos nodig, leer hy lesers om vreesloos op te tree.

Hy herinner jou daaraan dat jy iets kan doen aan die dinge wat in jou lewe gebeur. Dit sluit die besluite in wat jy neem, hoe jy optree en die gevolge daarvan. Hy beklemtoon dat jy die geleentheid het om op te tree in enige situasie waarin jy jouself bevind. Jy is nie die slagoffer nie. Jy is nie net ’n passiewe ontvanger van wat in jou lewe gebeur nie.

Boonop daag hy jou ook uit om bo die vlak van jou uitdagings te styg, maar verwag nie dat jy dit alleen moet doen nie. Hy verskaf die gereedskap wat nodig is om die beste te maak van jou dapperheid, doel, gevoelens, optrede en vermoë om jou denke te herkalibreer.

“Jy word bedreig en moet iets daaraan doen. Dit is nie net ’n opsie nie, dit is ’n verantwoordelikheid. As jy versuim om op hierdie dreigemente te reageer, faal jy jouself en die mense rondom jou en jou potensiaal gaan verlore. Ons gee dikwels op wanneer ons met swaarkry gekonfronteer word. Ons kies bewustelik of onbewustelik om onskadelik te wees. En ’n onskadelike lewe, is glad nie ’n lewe nie. 'Dangerous' herinner jou dat jy formidabel kan wees in tye van onsekerheid en wanneer jy bedreig word. Trouens, oefen jy hoe jy dink, voel en optree sodat jy ’n bedreiging vir die bedreiging en ’n gevaar vir die gevaar kan word. Jy kan weer gevaarlik wees”, verduidelik Erik.

'Dangerous' gaan daaroor om beheer terug te neem en jou mag te gebruik. Dit is van toepassing op almal, van verpleegsters tot pastore, ouers, uitvoerende hoofde, entrepreneurs, onderwysers en paartjies. Ons behoort almal gevaarlik te wees. Ons moet almal optree op maniere wat ons in staat stel om die bedreigings wat ons in die gesig staar te oorkom. Wanneer ons dít doen, is ons ook besig om diegene na wie ons omsien te beskerm.

As jy doeltreffend wil optree teen die bedreigings in jou lewe, en as jy daarin belangstel om nie net die uitdagings en struikelblokke wat die lewe op jou pad plaas te omhels nie, maar om hulle te sien vir wat hulle werklik is, dan is hierdie boek jou beste gids.

“Ek onthou nog die eerste keer wat Erik sy idee met my gedeel het om gevaarlik te wees teenoor dit wat jou bedreig. Dit het dadelik my manier van dink verander en my veggees aangewakker – om gevaarlik te wees motiveer my om nie weer te verval in my ou denkpatrone nie. Ek beveel aan dat jy die boek lees om te verstaan watter impak hierdie denkwyse en benadering op jou lewe kan hê”. - John Sanei: topverkoper-skrywer, internasionale spreker, besigheidsadviseur  

'Dangerous' nooi jou uit om beter, sterker en vinniger te wees. Om gevaarlik te wees.

OOR DIE SKRYWER:

Erik Kruger is ’n internasionale spreker, skrywer en fasiliteerder wat ander leiers help om uit te blink in moderne tye.  

Dié denkleier is ook mede-aanbieder van ’n gewilde potgooi, The Expansive, saam met die topverkoper-skrywer, John Sanei.

Hy het verskeie grade aan die Universiteit van die Witwatersrand (WITS) verwerf, insluitend ’n BSc in Fisioterapie, ’n Nagraadse Diploma in Bestuur, en ’n meestersgraad in Bestuur en Uitvoerende Afrigting.

Gedurende sy leeftyd, moes hy homself al verskeie kere herontdek en -vestig. Hy het gegroei van ’n fisioterapeut na die stigter van Suid-Afrika se grootste selfontwikkelingsgemeenskap vir mans tot die werk wat hy vandag doen; ’n reis wat geïnspireer is deur sy natuurlike vermoë om nuwe maniere te vind om ou waarhede oor te dra.

Wanneer hy nie besig is om te werk nie, geniet hy lekker koffie en whiskey en speel ’n graag gholf. Hy hou ook daarvan om motorfiets te ry, Xbox te speel en om met sy honde te gaan stap.

Erik woon tans in Somerset-Wes, saam met sy vrou en Duitse Herdershonde.

'Dangerous' is Erik se tweede boek.

“Die tydsberekening van die boek is goed. Die mensdom het reeds oor die afgelope twee jaar geleer hoe om in oorlewingsmodus te wees. So ek hoop dat hierdie boek almal sal aanspoor om weer beheer te neem en dat hulle sal onthou dat oorlewing nie die enigste opsie is nie,” sluit hy af.  

'Dangerous' word uitgegee deur Tracey McDonald Publishers en is beskikbaar in goeie boekwinkels en aanlyn by https://www.loot.co.za/product/dangerous/cpyn-7631-g3a0

Show's Stories