'Die oomblik is reeds perfek' - Karlien van Jaarsveld maak hart oop oor ma-wees

'Die oomblik is reeds perfek' - Karlien van Jaarsveld maak hart oop oor ma-wees

Karlien van Jaarsveld het hierdie week oogemaak oor ma-wees en hoe sy haar kinders wil groot maak.

Karlien van jaarsveld
Karlien van Jaarsveld / Facebook.

"Hoe meer ek dink die dag wat die dokters gaan sê Elah is totaal genees sal alles perfek wees, hoe meer besef ek die oomblik is reeds perfek. Hoe meer ek sit en wag op meer hoe minder werd is dit wat ek nou in my hande het."

LEES OOK: ‘Soveel vrae! Hoe is dit moontlik Here?’ – pleit Karlien van Jaarsveld

Só meen Karlien van Jaarsveld, wie op 31 Desember 2019 via 'n Facebook-inskrywing aan haar volgelinge verduidelik het dat sy meer teenwoordig tydens die klien en spesiale oomblikke van haar famile wil wees.

Die sanger se dogter, Elah het ‘n ‘toestand’ genaamd, Portal Thrombosis en Hypertension. Karlien het vroeër op haar sosiale media platforms verduidelik dat dit ‘n baie rare geval by kinders is.

"Hoe meer ek op vakansie wil gaan, om weg te kom van alles, hoe meer besef ek op die warm sandduin, my huis is my plek van rus. Hoe meer ek dink ek wil meer geld maak, hoe meer alleen voel ek in zara en my kinders by die huis," voeg sy by.

LEES KARLIEN SE VOLLE INSKRYWING HIER:

Die gewilde sanger en aanbieder se ma, Ronel Brink het in Oktober aan Jacaranda FM bevestig dat Karlien nog 'n bondel vreugde in 2020 verwag.

Van Jaarsveld het die oggend na die aankondiging met Martin Bester gesels oor die toevoeging aan hul familie.

Show's Stories